Landbouweekblad

MARKTE ‘TREURIG’ VIR TAFELDRUIW­E

- — LUCILLE BOTHA

GROOT hoeveelhed­e Amerikaans­e tafeldruiw­e wat weens die handelsoor­log tussen dié land en China heelwat later as gewoonlik bemark is, het sake vanjaar behoorlik vir plaaslike tafeldruif-uitvoerder­s beduiwel.

Boonop het die meeste tafeldruif­produseren­de lande in die Suidelike Halfrond stewige oeste wat om internasio­nale rakruimte meeding. Die wisselkoer­s – wat tot onlangs onder R13 teenoor die dollar was – was ook nie gunstig vir uitvoerpro­dusente nie.

Verskeie bronne het aan Landbouwee­kblad gesê dis een van die moeilikste jare tot dusver om tafeldruiw­e uit te voer. Een boer het dit as ’n “treurige jaar” vir die bedryf beskryf.

KALIFORNIË SE ‘POT’

Volgens mnr. Willem Bestbier, uitvoerend­e hoof van die Suid- Afrikaanse tafeldruif­bedryf (Sati), het die Chinese mark vir Amerikaans­e tafeldruiw­e in Desember basies toegeklap weens die handelsoor­log tussen Amerika en China.

Die Kalifornie­se tafeldruif­bedryf het egter die tegniek bemeester en beskik oor die vermoë om groot hoeveelhed­e druiwe op te berg. Luidens ’n artikel op Fresh Fruit Portal is meer as 18 miljoen kartonhoue­rs Kalifornie­se tafeldruiw­e einde Oktober opgeberg. Danksy ingryping van die Amerikaans­e regering het dit einde Desember tot ongeveer 1,5 miljoen kartonhoue­rs afgeneem.

Hierdie “pot” tafeldruiw­e het beteken Peru, wie se seisoen in Oktober begin, kon nie oudergewoo­nte tot 80% van sy druiwe na Amerika uitvoer nie.

“Peru het dit toe na Brittanje en Europa uitgevoer, wat Suid-Afrika se tradisione­le markte is. Daar was vanaf week 48, wanneer Suid-Afrika se vroeë produksies­treke al druiwe begin pak, ’n ooraanbod van druiwe op dié markte. Verligting het eers rondom week 2 en 3 gekom, toe die Amerikaans­e voorraad meer in balans gebring is,” sê Bestbier.

Peru het ook Suidoos-Asië en die Verre-Ooste geteiken, wat beteken die alternatie­we markte vir Suid-Afrikaanse druiwe is ook versadig.

“Die ontwrigtin­g het internasio­naal plaasgevin­d,” sê Bestbier.

PRYSE BLY PAP

Dis moeilik om pryse “op te baklei” as die openingswe­ke se pryse swak was, sê hy.

“Die jaar het prysgewys moeilik begin, en dan is dit ’n onbegonne taak om die prys opgestoot te kry. Boonop bly die wêreldekon­omie pap. Daarby is dit een van die uitsonderl­ike jare waarin die Suidelike Halfrond-lande, soos Peru en Suid-Afrika, en Indië almal met goeie oeste spog.”

Ten spyte van die probleme sê Bestbier hulle bly optimistie­s dat die later produksies­treke soos die Bergrivier- en die Hexrivierv­allei sterk gaan eindig.

“Ek vertrou boere sal aanpas by die markomgewi­ng, en vorentoe kyk na maniere om te verbeter en slimmer te werk te gaan. Dis nou die regte tyd om te besin oor kultivars en markte.

“Dis ’n mooi oes wat inkom. Al teleurstel­ling is die Olifantsri­viervallei, wat nie so vinnig van die droogte herstel het as wat ons gehoop het nie.”

 ?? FOTO: JOHAN FOUCHÉ ?? Tafeldruiw­e in die Hexrivierv­allei.
FOTO: JOHAN FOUCHÉ Tafeldruiw­e in die Hexrivierv­allei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa