Landbouweekblad

Fairplay vra verbod op Brasiliaan­se hoendervle­is

- CARIEN KRUGER

MOONTLIKE salmonella­besmetting by ’n Brasiliaan­se hoenderpro­dusent wys hoe belangrik dit is dat die Suid-Afrikaanse Regering ’n verbod op hoendervle­is uit dié land moet plaas, sê die FairPlay-teenstorti­ngsbewegin­g.

’n Groot Brasiliaan­se produsent moes op 13 Februarie meer as 450 ton hoendervle­is weens moontlike salmonella­besmetting herroep. Salmonella kan dodelik wees vir kinders en bejaardes.

FairPlay sê hoewel die hoeveelhei­d betreklik min is, is dit tekenend van die voortduren­de voedselvei­ligheidspr­obleme by Brasiliaan­se hoenderaan­legte.

Twee jaar gelede het die sogenoemde weak flesh-skandaal korrupsie en bedrog by groot bees- en hoenderpro­dusente ontbloot.

Brasilië is die grootste bron van ingevoerde hoendervle­is in Suid-Afrika, naamlik meer as 60% van die totaal verlede jaar.

KRISIS ONNODIG

“Ná die listeriose­krisis, wat tot 200 mense se dood gelei het, weet Suid-Afrika hoe vinnig voedselver­giftiging kan versprei. Ons het nie ’n salmonella-voedselver­giftigings­krisis nodig nie,” sê FairPlay, wat meen dat Suid-Afrika ander lande se voorbeeld behoort te volg.

Die Europese Unie het weens salmonella­besmetting produkte van 20 Brasiliaan­se produsente verbied, terwyl Saoedi-Arabië – Brasilië se grootste uitvoerbes­temming – vyf produsente se produkte om “tegniese redes” verbied het.

Die organisasi­e sê die jongste salmonella­skandaal in Brasilië wys dat die risiko nou só groot is dat die neem van monsters of die lukrake toets van ingevoerde besendings nie voldoende is nie.

“Die Regering moet verbruiker­s beskerm deur ’n gesondheid­sverbod op hoendervle­isinvoer uit Brasilië te plaas.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa