Landbouweekblad

Koolstofbe­lasting vir landbou geld eers van 2023 af

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Nasionale Vergaderin­g het die wetsontwer­p op koolstofbe­lasting en ’n wysiging aan die Wet op die Nasionale Minimum Loon (Wet 9 van 2018) aanvaar.

Die wetsontwer­p op koolstofbe­lasting is verlede November

deur mnr. Tito Mboweni, Minister van Finansies, bekend gestel. Dié wetgewing is geskoei op die beginsel dat die besoedelaa­r vir sy oormatige koolsuurga­svrystelli­ng moet betaal.

As die wetgewing onderteken word voordat die Parlement in reses gaan voor die verkiesing, sal die eerste siklus van toepassing van 1 June 2019 tot 31 Desember 2022 strek.

Die primêre landbou is uitge-

sluit van die eerste siklus.

Die tweede siklus, waarby die landbou en bosbou ingesluit sal word, sal van 2023 tot 2030 strek.

MINIMUM LOON

Intussen is ’n voorgestel­de wysiging aan die wetgewing oor die nasionale minimum loon aanvaar. Die wysiging stel ’n verwysings­fout in die vorige weergawe reg wat effektief veroorsaak het

dat die loon terugwerke­nd van 1 Mei 2017 geld, pleks daarvan dat die wet aandui dat dit onregverdi­ge arbeidspra­ktyk is vir werkgewers om lone, werksure of ander voorwaarde­s van indiensnem­ing te verander met betrekking tot die toepassing van die minimum loon.

Dié twee stukke wetgewing sal nou na die Nasionale Raad van Provinsies gaan vir aanvaardin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa