Landbouweekblad

Bestuur jou plaas uit Finland

- NICO VAN BURICK

OM Suid-Afrikaanse boere onder meer teen onteiening sonder vergoeding te beskerm, het ’n Britse maatskappy en ’n plaaslike regsfirma saamgespan om boere te help om buitelands­e maatskappy­e te skep waardeur hul plase bestuur kan word.

Die Britse bestuursko­nsultant Forseti Consult en die Kaapse regsfirma Glenn Rooseboom steun vir hul projek op ’n bestaande ooreenkoms tussen Finland en Suid-Afrika oor wedersydse beleggings­beskerming.

Kortliks kom dit daarop neer dat ’n bestuursma­atskappy in Finland deur die Suid-Afrikaanse boer geskep word, asook ’n Finse bedryfsmaa­tskappy in Suid-Afrika wat die plaas oor ’n lang tydperk bruikhuur en bestuur. Die boer is dan die eienaar van albei maatskappy­e, en ál die aandele word in Finland gehou. Die boerdery verwissel nie van hande nie en gaan normaalweg voort.

Me. Tamsyn Byrne, ’n verteenwoo­rdiger van Forseti in Suid-Afrika, sê daar is op Finland besluit omdat dié land die mees bindende ooreenkoms met Suid-Afrika het om Finse belange hier te beskerm. Die ooreenkoms van 20 jaar loop egter in September ten einde, maar bied nog verdere beskerming aan Finse belange wat teen daardie tyd gevestig is.

TOEVLUG

Indien die boerdery enige skade ly weens byvoorbeel­d onteiening, kan die bestuursma­atskappy in Finland ’n eis teen die Suid-Afrikaanse Regering instel. Indien dit nie slaag nie, kan die saak op internasio­nale arbitrasie geneem word. ’n Besluit daar is afdwingbaa­r op enige land wat aan die Wêreldbank behoort.

“Buiten vir die beskerming van eiendomsre­g bied die betrokkenh­eid van Finland aan die Suid-Afrikaanse boer ook ander voordele. Dit vergemakli­k toegang tot markte in Europa, en gunstiger finansieri­ng kan in die buiteland bekom word,” sê me. Eileen Nash, ook ’n plaaslike verteenwoo­rdiger van Forseti.

Wat koste betref, sê sy die prosesse in Suid-Afrika kos sowat R50 000 en in Finland sowat R120 000, na gelang van die wisselkoer­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa