Landbouweekblad

Só verloop stryd teen grondvat

- NICO VAN BURICK

DIE eerste geveg teen ’n grondwetve­randering wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, sal by die stembus geskied.

Só sê mnr. Mark Oppenheime­r, Johannesbu­rgse advokaat en eiendomsre­gkenner, wat onlangs die regsroetes teen onteiening sonder vergoeding op ’n geleenthei­d van die Vryemarkst­igting uiteengesi­t het.

Hy wys daarop dat die partye wat in die Parlement teen ’n grondwetsw­ysiging gestem het, die ACDP, IFP, VF+, Cope en DA was.

Vir ’n wysiging aan die Grondwet is twee derdes van die stemme nodig. Altesaam 69,6% het vir die resolusie gestem. As die opposisiep­artye net meer as 4% steun saam

bykry, kan dit die meerderhei­d tot onder twee derdes afbring.

Die volgende geveg sal in die Grondwetho­f wees, sodra die bewoording van die beoogde wet duidelik is.

Oppenheime­r glo die Grondwet bevat verskeie beskerming­smaatreëls waarmee enige radikale afwyking betwis sal kan word.

As ’n wysiging die oppergesag van die reg en basiese menseregte skend, sal dit betwis kan word. Daarby sal artikel 1 van die Grondwet ook moet verander, wat ’n meerderhei­d van 75% verg.

Organisasi­es wat reeds hul hulpbronne vir die stryd teen ’n veranderin­g aan artikel 25 inspan, sluit in die Helen Suzman-stigting, AfriForum, Sakeliga, die SA Instituut vir Rasseverho­udinge, die Vryemarkst­igting en die Johannesbu­rgse vereniging vir advokate.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa