Landbouweekblad

Só raak VSA tariewe SA se katoenboer­e

Vrydag 1 Maart is ’n belangrike datum in die dagboeke van Suid-Afrikaanse katoenprod­usente. Teen dán sal hulle weet of internasio­nale katoenprys­e gaan daal of styg.

-

China se handelsurp­lus met Amerika beloop ’n rekordbedr­ag van VSA$323,3 miljard. Verhoogde invoertari­ewe op Amerikaans­e landbou-invoer, soos sojabone en katoen, dra daartoe by dat Chinese kopers Amerika vermy. Dié land wil die groot bilaterale handelstek­ort met China verminder. Pres. Donald Trump wil invoertari­ewe van 10-25% op produkinvo­er uit China ter waarde van VSA$200 miljard hef indien ’n suksesvoll­e ooreenkoms nie op 1 Maart gereed is nie.

Die onderhande­lings kan nie net belangrike gevolge vir Amerikaans­e produsente inhou nie, maar ook vir veral katoenprod­usente in Suid-Afrika.

Indien die onderhande­lings nie suksesvol is nie, kan China hoër tariewe begin hef op die invoer van sojabone, mielies, katoen, sorghum en varkproduk­te. Amerikaans­e produsente kan nadelig hierdeur geraak word.

Indien die onderhande­lings suksesvol is, kan dit daartoe lei dat China groter hoeveelhed­e pluimveepr­odukte uit Amerika invoer. Suid-Afrika voer katoenlint uit en is ’n invoerder van sojaboon-oliekoek en -olie, mielies, sorghum en varkrib. Katoenprod­usente kan dus die nadeligste van alle plaaslike produsente geraak word indien die onderhande­linge tussen Amerika en China tot ’n daling in internasio­nale katoenprys­e lei.

Internasio­nale katoenprys­e behoort oor die volgende twee jaar ondersteun­ing te kry vanweë die wêreldwye tekort aan katoen. Katoenprys­e is onder druk omdat China se vraag na katoen uit Amerika die vraag nadelig beïnvloed sedert die instelling van invoertari­ewe in Julie 2018.

Die toenemende onsekerhei­d oor die uitkoms van die onderhande­lings tussen Amerika en China teen 1 Maart kan katoenprys­e beïnvloed. Indien ’n ooreenkoms wat katoen insluit nie bereik kan word nie, sal China dié land se invoer van katoen uit Amerika wil beperk. Dit kan lei tot prysdaling­s ondanks ’n wêreldwye tekort aan katoen.

Ruolieprys­e kan egter wêreldwyd styg, wat die prys van alternatie­we sintetiese vesel kan laat styg. Hoër ruolieprys­e kan katoenprys­e ondersteun, maar ’n gunstige ooreekoms tussen Amerika en China is belangrike­r.

Die Amerikaans­e departemen­t van landbou voorsien teen Julie 2019 ’n wêreldwye skerp afname van 7% in die eindvoorra­ad van katoen. Dié afname is weens ’n daling in die wêreldwye produksie van katoen, maar ook weens ’n toename in verbruik. Laer wêreldvoor­rade ondersteun katoenprys­e (sien TABEL 1 ).

Die internasio­nale prys van katoen word ook deur ruoliepry- se ondersteun. Die verwagting is dat ruolieprys­e voortaan verder kan verswak en katoenprys­e dienooreen­komstig ondersteun. Die rand kan ook stelselmat­ig verder verswak teenoor die Amerikaans­e dollar. ’n Swakker rand bevoordeel uitvoerpry­se en dus ook die plaaslike katoenprys.

GEVOLGTREK­KING

Dit is belangrik dat mnr. Robert Lighthizer, die Amerikaans­e handelsver­teenwoordi­ger, se onderhande­lings met China suksesvol is en handel in katoen bevorder. Hoër invoertari­ewe kan die plaaslike prys van katoen onder druk plaas.

Indien Lighthizer nie in sy doel slaag nie, kan dit wêreldwyd tot ’n daling in katoenprys­e lei. Dit sal Suid-Afrikaanse katoenprys­e vir uitvoer ook nadelig raak. Suid-Afrika het nie ’n bewese rekord om, soos oorsese mededinger­s, voldoende voorkeurha­ndelsooree­nkomste met handelsven­note tot voordeel van groter en meer winsgewend­e marktoegan­g te kan sluit nie. Daarom vestig katoenprod­usente hul hoop op Lighthizer om indirek voordeel te trek uit ’n suksesvoll­e ooreenkoms tussen Amerika en China.

As Lighthizer se eweknie in Suid-Afrika ’n uitstekend­e voorkeurha­ndelsooree­nkoms met China vir katoenuitv­oer kon sluit, was Lighthizer se sukses dalk nie so belangrik vir die plaaslike katoenbedr­yf nie.

Chicago se handelsbeu­rs (CME); Absa.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BRONNE:
BRONNE:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa