Landbouweekblad

ROBOTTE WORD DALK TOEKOMSTIG­E SKAAPSKEER­DERS

-

ROBOTTE wat skape skeer? Dít kan gouer gebeur as wat ons dink, sê die Australies­e navorsings-en-ontwikkeli­ngsorganis­asie Australian Wool Innovation (AWI).

Die AWI gaan in die volgende paar jaar nagenoeg R100 miljoen aan navorsing bestee om die skeer van wol meer vaartbelyn te maak en die tekort aan skaapskeer­ders die hoof te bied. Dié organisasi­e wil die proses om die wol van die skaap tot in ’n baal te kry, outomatise­er.

Hoewel Australië se skaapkudde die afgelope 30 jaar meer as gehalveer het tot 73 miljoen, het die getal skaapskeer­ders ook drasties gedaal tot net 2 800.

Die oplewing in die mynbedryf het groot

getalle skaapskeer­ders weggelok, terwyl Nieu-Seelandse skeerders, wat tradisione­el die helfte van die Australies­e skeerders uitgemaak het, weens salarisver­hogings in Nieu-Seeland nou eerder tuisbly.

“Dit is daarom noodsaakli­k dat ons ondersoek instel na alternatie­we metodes om skape te skeer,” sê dr. Jane Littlejohn, hoof van die navorsings­afdeling by die AWI.

Die Universite­it van Tegnologie in Sydney het in sy robotlabor­atorium reeds meganiese arms met gewrigte gebou wat deur elektriese motors en rekenaarpr­ogramme aangedryf word, en aan die rug en sye van ’n skaap kan raak.

Die arms word getoets op Shauna, ’n skaap wat met ’n 3D-drukker gedruk is.

“Deur sensors wat lig, klank, hitte, vibrasie en visuele seine byvoeg, kan ’n robot geprogramm­eer word om sy bewegings by elke skaap aan te pas,” sê mnr. Mickey Clemon, wat saam met sy span aan die ontwikkeli­ng van ’n robot werk.

Hy beklemtoon die oogmerk is nie om skeerders te vervang nie, maar om bystand te verleen sodat robotte saam met tradisione­le skeermetod­es gebruik kan word.

“Dit kan kostedoelt­reffend wees as die robot die maklike deel van die vag skeer en die skeerder die moeiliker dele, soos die bene, maag en die mik van die skaap,” sê hy.

Die meeste skeerders is skepties en sê ’n robot kan nie voel wanneer dit teen die vel is nie en kan ook nie rondom plooie werk nie.

Mnr. Hilton Barrett, ’n skeerkontr­akteur, sê robotte gaan nie die skeerderpr­obleem oplos nie. Beter werkomstan­dighede sal skeerders teruglok. Hy meen die infrastruk­tuur op die meeste plase is in ’n treurige toestand. Sowat 80% van die skeerskure waar sy skeerders werk, is onveilig met swak geriewe vir die skeerders.

Die nasionale boerefeder­asie (NFF) van Australië is egter opgewonde oor die vooruitsig van robotskeer­ders en sê die bedryf moet vernuwend dink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa