Landbouweekblad

HOU WAKENDE OOG OOR WILD OF STOETDIERE

-

Danksy EcoInsight­s se opsporings­toestel kan jy heeltyds ’n oog hou oor jou stoetbul of -ram. Dié toestel is ontwerp as ’n oplossing teen die grootskaal­se stropery van renosters. Dit is ’n praktiese, stewige produk wat die Afrikabos kan weerstaan en is geskik vir wild en vee.

Die veetoestel weeg 48 g en die wildtoeste­l 52 g. Albei bevat ’n GPS-toestel, word met sonkrag gelaai, het parametera­larms en word net soos ’n gewone oorplaatji­e aan diere se ore geheg. Die wildtoeste­l stuur ook alarms indien ’n geweerskoo­t afgaan.

Boere kan onmiddelli­k sien waar diere hulle bevind of skielike bewegings maak. Waarskuwin­gs word uitgestuur wanneer diere skielike, ongewone bewegings maak, soos wanneer roofdiere of oortreders in die omtrek is. Boere kan ook ’n geografies­e gebied aandui om ingelig te word of diere ’n bepaalde gebied binnegaan of verlaat.

Bykomende sagteware samel ook inligting in oor meer as een dier se bewegings en die diere se interaksie met mekaar. Data word outomaties ingesamel en kan maklik verwerk en onttrek word. Gebruikers meld deur middel van ’n profiel op die sagteware aan, wat beteken die data is privaat en dat die gebruiker die eienaar daarvan is.

Die maatskappy bied ook mikroskyfi­es wat in skape en beeste aangebring kan word. Dit kan diere identifise­er nadat hulle gesteel is en eienaarska­p kan daarmee bewys word. PRYS: Veetoestel: R3 500 per toestel en R90 vir die gebruik van die platform. Wildtoeste­l: R5 500 per toestel en R280 per maand vir die gebruik van die platform. R20 vir ’n mikroskyfi­e.

NAVRAE: Sel 083 366 9533; webwerf: www.ecoinsight­s.co.za; e-pos: sales@ecoinsigth­s.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa