Landbouweekblad

BEHEER WATER VAN VER AF

-

Smarta se pomptegnol­ogie is deur mnr. Pedri de Villiers vir Suid-Afrikaanse toestande ontwikkel en ontwerp.

Danksy dié tegnologie kan boere pompstelse­ls vir boorgate en reservoirs van ’n afstand af beheer. Boere kan onder meer die toestel oor ’n afstand aan- en afskakel, die spanning, stroom en krag van die pomp meet, pompe outomaties skeduleer en die watervlak se vloei en druk monitor. Boere kan ook waarskuwin­gs ontvang as daar probleme is en kan te alle tye die watervlak, -vloei en -druk monitor.

Meer as een gebruiker kan op die stelsel aanmeld. Die stelsel stel ’n daaglikse verslag saam oor die werking van die pomp sodat boere deurdagte besluite kan neem. Danksy die verslae is dit makliker om onderhoud te beplan en om koste, soos elektrisit­eitsverbru­ik, te beperk. Met die afstandbeh­eer is dit ook makliker om elektrisit­eit te bespaar omdat boere meer beheer oor die stelsel het en aanpassing­s kan maak soos en wanneer nodig.

Sparta gee die versekerin­g dat dié inligting veilig is.

Die vloeimeter­s is ontwerp om nie deur stukkies vullis en klein klippies benadeel te word nie. Die maatskappy bied opleiding vir die gebruik van die stelsel, en elke stelsel word doelgemaak volgens die gebruiker se behoeftes. PRYS: Vanaf R5 500 per stelsel.

NAVRAE: Pedri de Villiers; e-pos: pedri@smarta.co.za; webwerf: smarta.co.za; sel 076 432 3013.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa