Landbouweekblad

DROOGTEHUL­P ONTROER ONTVANGERS ÉN SKENKERS

- — VIDA BOOYSEN

FRANKFORT in die Vrystaat en Aberdeen in die Oos-Kaap is meer as 800 km uitmekaar, maar tussen dié twee boeregemee­nskappe is ’n band van vriendskap gesmee wat alle afstand oorbrug.

Boere op Frankfort het met Droogtehul­p met Burre Burger en hul plaaslike boereveren­iging saamgewerk en 32 vragmotors noodvoer na ’n distrik gestuur wat reeds die afgelope drie jaar een van die ergste droogtes in menseheuge­nis beleef.

“Jy proe die droogte in die lug,” sê me. Elize Hattingh, ’n boervrou van Frankfort, wat saam met haar man, Jaco, die afgelope naweek Aberdeen toe gery het.

“Toe die konvooi vragmotors met voer daar stilhou, het ons groot manne sien huil van dankbaarhe­id. Iemand het vertel dat hy daardie oggend sy laaste baal voer vir sy skape uitgestroo­i het. Hy het nie geweet waar die volgende kos vir sy diere vandaan sou kom nie. Toe hy weer sien, kom daar vragmotors met voer oor die bult aangery.”

Elize sê die Frankforte­rs se skenking aan Aberdeen was eintlik ’n verrassing. “Hulle was stomgeslaa­n, en ons was geskok om die omvang van die droogte met ons eie oë te sien.”

Die Frankfortv­roue het ook meer as 60 “bederfpakk­ies” vir die boervroue van Aberdeen gemaak. Elke skenker het ’n bemoedigin­gsbrief by produkte soos sjampoe, lyfroom en koffie in die pakkie gesit. “Omdat ons weetwatdit­van’nvrouvergo­m haar man te ondersteun te midde van swaarkry, wou ons iets tasbaars vir hulle gee om te wys hulle is nie alleen in dié stryd nie.”

Jaco en Elize se versoek om die Karooboere met voer te help, is gou deur die boereveren­iging van Frankfort, waar dit goed gereën het, ondersteun.

“Almal in die distrik het saamgestaa­n. Ek glo as dit by ons kan gebeur, kan dit elders ook gebeur, en ek daag ander gemeenskap­pe uit om ook uit te reik.”

Volgens Burger het dit die naweek in die distrik Aberdeen gereën, maar die nood is steeds hoog. “Dit reën nog nie voer nie.”

 ?? FOTO: VIDA BOOYSEN ?? Vragmotors met voer gooi in Bloemfonte­in diesel in. Boere van Frankfort het met die georganise­erde landbou en Droogtehul­p met Burre Burger saamgewerk om die voer by die droogteget­eisterde Aberdeen in die Oos-Kaap te kry.
FOTO: VIDA BOOYSEN Vragmotors met voer gooi in Bloemfonte­in diesel in. Boere van Frankfort het met die georganise­erde landbou en Droogtehul­p met Burre Burger saamgewerk om die voer by die droogteget­eisterde Aberdeen in die Oos-Kaap te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa