Landbouweekblad

VROU GEBRUIK VERJAARDAG OM BOERE TE HELP

- — MICHELLE VAN DER SPUY

’N VROU van Centurion het vanjaar besluit om haar verjaardag te gebruik om boere in die greep van die droogte by te staan. Haar vriende het verwag dat hulle oudergewoo­nte Bosveld toe sou gaan om me. Tanya Duvenhage se verjaardag te vier, maar sy het op ’n geskenk vir die Hopetownbo­ere in die Noord-Kaap besluit.

Soos talle Suid-Afrikaners het Duvenhage die afgelope tyd op sosiale media stories en foto’s gesien van die langdurige droogte wat die landboubed­ryf op sy knieë het. Dit het haar aangegryp en sy het besluit om ’n helpende hand uit te reik. “Ons gaan gereeld Bosveld toe om my verjaardag te vier. Vanjaar het ek besluit om eerder geld vir droogtehul­p in te samel,” sê sy. “Ek is geseën met goeie mense om my. Toe hulle begin uitvra oor my verjaardag­reëlings, het ek ’n WhatsApp-groep begin om vir droogtehul­pskenkings te vra.”

Danksy dié skenkings kon sy 67 bale voer koop. Die voer is die naweek met ’n geborgde bakkie en sleepwa al die pad van Centurion na Hopetown geneem. “Ek moes my trane sluk toe die voer afgelaai

word. Die mense was so dankbaar, ek kon nie glo ’n bietjie voer kan so baie vir iemand beteken nie.” Sy hoop dit sal ander SuidAfrika­ners aanmoedig om hul harte vir die boere oop te maak.

Terwyl Duvenhage op Hopetown was, het dit het liggies gereën. Mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuu­rder van Agri Noordwes, sê dié reënval van sowat 12 mm was miskien genoeg om boere moed te gee, maar dit is nie genoeg om hulle uit hul benarde situasie te red nie. Droogtehul­p en veral voerskenki­ngs bly broodnodig. Hy verteenwoo­rdig Agri SA as deel van ’n groep organisasi­es wat landwyd probeer om hulp vir veral veeboere te reël. Die organisasi­es wat saamwerk,

is Agri SA, die Save the Sheepproje­k van Sutherland, Gift of the Givers en Caring Daisies.

Die voernood onder boere is steeds groot en hy sê almal sal moet help om die landboubed­ryf in die droogte by te staan. “Daar is mense wat nie net ’n krisis beleef nie, hulle beleef ’n ramp. Dit gaan oor meer as voedselsek­erheid, dit gaan oor boere se oorlewing.”

Volgens hom beoog Agri SA om solank as wat nodig is, droogtehul­p te verskaf. Tans is voerskenki­ngs en geld om vir die vervoer daarvan te betaal, die dringendst­e.

Mense wat hulp wil verleen, kan Pienaar bel by tel. 018 632

3612, of stuur ’n e-pos na wanda@ agrinw.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa