Landbouweekblad

MEER GARS IN 2018 GEOES

- — AMELIA GENIS

Die totale garsoes van bykans 400 000 ton in 2018 was aansienlik groter as die 2017-oes van 307 000 ton, sê mnr. Frikkie Lubbe, landboubes­tuurder vir Afrika by AB InBev.

Altesaam 329 780 ton is in die droëlandge­biede in die Wes-Kaap geoes en 69 286 ton in die besproeiin­gsgebied. “Die oostelike gebiede van die Overberg het swaar getrek in die heersende droogte, maar die ander gebiede het uitstekend gevaar. In die Swartland is besonder goeie opbrengste en gehalte behaal. Die besproeiin­gsgebiede het merkwaardi­ge groei getoon met ’n gepaardgaa­nde hoë opbrengs en gehalte.”

Die groter oes is die gevolg van ’n sameloop van die goeie verspreidi­ng van reën (al was dit so min), die regte produksiep­raktyke en gars se kompensasi­evermoë in veranderen­de klimaat.

In die besproeiin­gsgebiede het verbeterde produksiep­raktyke danksy navorsing en ontwikkeli­ng en die gebruik van beter aangepaste kultivars ’n rol gespeel. “Die klimaat het in ’n mate goed saamgespee­l met ’n koeler korrelvult­yd, maar erge wind het besproeiin­g bemoeilik.”

Volgens Lubbe het die maatskappy verlede jaar sy mikpunt van 415 000 ton plaaslike gars naelskraap gemis. Hy skryf dit toe aan die droogte in die oostelike deel van die Overberg.

Hessekwa is die algemeenst­e kultivar in die droëlandge­biede, terwyl dit Overture in die besproeiin­gsgebiede is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa