Landbouweekblad

BRANDRISSI­ES SORG VIR KREATIWITE­IT

- — VIDA BOOYSEN

Die mark vir brandrissi­es en brandrissi­eprodukte brei uit in Suid-Afrika. Daarby begin Suid-Afrikaanse verbruiker­s ook ál waagmoedig­er word om met die verskillen­de brandrissi­eprodukte, soos sous, pesto en selfs konfyt, te eksperimen­teer, sê me. Muriel Wadeley, bestuurder van Fynbos Fine Foods.

Dié ondernemin­g boer sedert 1996 met ’n wye verskeiden­heid brandrissi­es in die omgewing van Tierfontei­n in die Swartland. Hy droog, berook en preserveer brandrissi­es en vervaardig verskeie produkte vir die plaaslike en oorsese mark. Omdat die vraag so groot is, kontraktee­r hy ook naburige plase om brandrissi­es vir hom te kweek.

“Daar is nie ’n spesifieke kultivar wat voorrang geniet nie. Suid-Afrikaanse verbruiker­s sal tipies die sterkte van die brandgeur reguleer deur die hoeveelhei­d wat bygevoeg word, pleks daarvan om ’n brandrissi­e te kies waarvan die sterkte bekend is.”

Volgens Fresh Plaza ondervind kwekerye ook ’n toename in belangstel­ling in brandrissi­eplante, veral van opkomende boere wat die brandrissi­es groen pluk en dan die plant terugsny sodat dit vir ’n tweede oesjaar dra. Op dié manier word produksiek­oste verminder.

Die brandrissi­etyd duur van Januarie tot begin Junie, waarna dit skaarser raak en die prys ook dienooreen­komstig kan verhoog. Teen Augustus verlede jaar het pryse volgens Fresh Plaza hul hoogste vlak in sewe jaar bereik toe brandrissi­es van die hoogste gehalte tot R140 vir ’n sak van 2 kg behaal het, terwyl die prys in Gauteng gemiddeld R75 tot R80 per 2 kg was. Teen middel Februarie vanjaar het prys op die varsproduk­temarkte in Gauteng tot R25 tot R40 per 2 kg gedaal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa