Landbouweekblad

VLEILANDE HERSTEL

Voor (HEEL BO) en ná. ’n Span werkers het ’n stuwal opgerig om die spoed van die water te breek en erosie in die Tsitsikamm­a te verminder. FOTO: VERSKAF

- — FREDALETTE UYS

Nadat byna die helfte van Suid-Afrika se vleilande ’n eeu gelede vernietig is om plek te maak vir bosboubedr­ywighede, het ’n bosbougroe­p in die Tsitsikamm­a binne net meer as ’n dekade meer as 2 800 m² vleilande herstel.

Die bosboumaat­skappy MTO het in 2005, toe hy ’n huurooreen­koms van die Tsitsikamm­a-bosbougebi­ed oorgeneem het, besluit om ’n vleilandre­habilitasi­eprojek van stapel te stuur om dié skaars waterhulpb­ron en belangrike skakel in die watersiklu­s te herstel.

Die tweedelige herstelpro­jek bestaan uit die verwyderin­g van indringerp­lante, asook skadebekam­ping, soos die opvul van dreinering­slote en erosiebeka­mping.

“Volhoubaar­heid is vir ons baie belangrik, veral in ’n land met so min waterbronn­e,” sê mnr. Lawrence Polkinghor­ne, uitvoerend­e hoof van die MTO-groep.

“Water is ’n waardevoll­e hulpbron en almal het ’n verantwoor­delikheid om dit te bewaar. MTO is verbind tot omgewingsv­olhoubaarh­eid, en ons sien dit as ons bydrae.”

MTO het sedert die begin van die projek reeds R11,5 miljoen aan herstelkos­te bestee. Tot dusver is 1 818 m2 se skanskorwe (draadrame gevul met klippe) en 349 m2 se betonstruk­ture opgerig, 74 ekostompe geïnstalle­er en 145,5 ha van indringerp­lante skoonmaak. Hulle kon reeds altesaam 2 882 m2 vleilandoe­wers herstel en het ook ander probleemge­biede geïdentifi­seer.

Vleilande is weens onkunde sedert 1917 in die gebied gedreineer om plek te maak vir aanplantin­gs om in Suid-Afrika se vraag na hout te voorsien. Die bedoeling was om inheemse woude te bewaar en bosbou-aanplantin­gs in die vleilande se plek te vestig. Die nadraai was egter die halvering van die aantal vleilande in Suid-Afrika.

Volgens mnr. Jan Huyser, omgewingsb­estuurder van die MTO-groep, skep die agteruitga­ng van vleilande verskeie probleme.

“Die vleiland dien as ’n vloedvlakt­e vir die water wat in die berge opgevang word. Toe hulle gedreineer is, het die vloei vernou, wat uiteindeli­k dongas geskep het wat al hoe meer stroomop beweeg.”

Volgens MTO is vleilande belangrike oorgangsge­biede tussen droë grond en waterligga­me. Hulle bestaan uit hoë watertafel­s, vrugbare grond, waterplant­e en wildlewe. “Hulle dien dus as waterfilte­rs en voedingsbr­onne van waterdraer­s, en verminder erosie.”

Hoewel net 3% van Suid-Afrika uit vleilande bestaan, speel dit ’n noodsaakli­ke rol in die volhoubaar­heid van waterbronn­e.

Die span het verskeie ingenieurs­take aangepak, soos om skanskorwe, stuwalle en ekostompe op te rig om mensgemaak­te dreinering­skanale te blokkeer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa