Landbouweekblad

LANDBOU BIED KRAGOPLOSS­ING

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Die landbou se vermoë om elektrisit­eit deur middel van sonkrag op te wek, kan Suid-Afrika in die toekoms van beurtkrag verlos. Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se afdeling vir ekonomie en handel, sê regulasies wat boere toelaat om elektrisit­eit deur middel van sonkrag op te wek en in die nasionale netwerk terug te plaas, behoort eersdaags afgehandel te wees.

“Daar is tans 400 aansoeke vir hernubare projekte vanuit die landbou, waarvan 56 reeds in verskillen­de fases van vordering is om elektrisit­eit op te wek en in die nasionale netwerk terug te plaas. Indien ál hierdie projekte bymekaarge­tel word, sal daar 1 400 MW opgewek kan word, wat fase 1-beurtkrag sal kan keer,” volgens Jansen.

Hy sê egter Eskom en die Nasionale Energiereg­uleerder (Nersa) sal gedwing moet word om by hul tydraamwer­k te hou om die projekte van stapel te stuur.

Jansen sê dat daar verskeie handelsban­ke is wat besig is om produkte te skep sodat sonplase as hul eie sekuriteit kan dien.

“Daar is reeds een sonplaas wat só gefinansie­r is. Indien ons hierdie model kan uitbrei, kan dit die belangstel­ling en aansoeke verdubbel. Dit kan beteken dat dit vir die private sektor, en vir die landbou spesifiek, moontlik is om fase 3-beurtkrag dan binne die volgende twee jaar onnodig te maak,” het Jansen gesê.

Intussen gaan onderhande­linge tussen Agri SA en mnre. Pravin Gordhan, Minister van Openbare Ondernemin­gs, en Jeff Radebe, Minister van Energie, voort.

“Niks hoef te verander nie. Die prosesse waaroor die georganise­erde landbou die afgelope drie jaar onderhande­l het, moet net glad verloop en Eskom moet by sy gestruktur­eerde tydraamwer­k hou sodat die landbou ’n elektrisit­eitsoploss­ing kan bied,” sê Jansen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa