Landbouweekblad

BETAAL MENSE MEER VIR ORGANIESE PRODUKTE?

-

Veldgevoer­de vleis, eiers van vrylopende hoenders, klipgemaal­de meel . . . ’n handjie vol produsente bemark sulke spesiale produkte, maar hulle moet hul teikenmark goed ken en oppas.

Me. Hester Vermeulen van die Buro vir Voedsel-enLandboub­eleid(BFAP)isnie bewus van enige studies wat plaaslike verbruiker­s se bereidwill­igheid toets om hulhanddie­pindiesakt­esteekvirs­ulke kosprodukt­e nie.

“Dié produkte is op die rak beskikbaar en dit verkoop, dus is daar beslis mense wat dit verkies. Selfs sekere kettingwin­kels het spesifieke nisreekse, maar dis nie deel van die hoofstroom­mark nie,” sê sy.

Vermeulen reken 5-10% van SuidAfrika­ners kan sulke produkte bekostig én wil dit koop.

“’n Mens moet in ag neem dat almal wat dit kan bekostig, nie noodwendig daarin sal belang stel nie. Produsente het dus regtig ’n nismark. Verbruiker­s se bereidwill­igheid om meer daarvoor te betaal, sal daarvan afhang of hulle dit as voordelig sien of nie.”

Die opvatting dat organiese kos voedsamer en smaakliker as konvension­ele kos is en dat organiese landboupra­ktyke boere bevoordeel, is van die vernaamste redes waarom mense organiese kos verkies, skryf me. Wendy Engel in ’n studie (2009) by die Universite­it van Pretoria oor hoekom mense organiese kos koop. Haar navorsing het getoon jonger mense is meer geneig om organiese kos te kies. Verbruiker­s verlang egter ’n soort waarborg van die organiese oorsprong van die produkte.

Mnr. Eddie Ferreira sê mense het gefrons toe hy sy organiese eiers aanvanklik teen ’n veel hoër prys as konvension­ele eiers begin bemark het. As pryse in kettingwin­kels vergelyk word, kos “gewone” ekstragroo­t eiers sowat R43 vir 18 eiers, maar vrylopende hoenders se eiers gaan jou sowat R60 vir 18 ekstragroo­t eiers uit die sak jaag.

Wat die restaurant­bedryf betref, geld anderreëls­in’nmate,wantverbru­ikers se pryssensit­iwiteit is anders in eetplekke as wanneer hulle kruidenier­sware koop, sê Vermeulen.

Vir me. Michelle Bailey, algemene bestuurder van die restaurant Hello, It’s Me in Port Elizabeth, is dit glad nie ’n moeilike som om te maak nie.

“Ons restaurant maak gesondheid­sbewuste keuses. Ek wil weet wat in my liggaam

ingaan en ek wil my klante dieselfde opsie gee. Organiese eiers bevat baie meer voedingsto­wwe as konvension­ele eiers, en dit maak vanuit dié oogpunt klaar sin om meer daarvoor te betaal. Wat is die doel daarvan om ’n eier te eet as jy nie die proteïen daaruit kry nie?

“Die gehalte van organiese produkte is beter en ons vind dat organiese eiers baie langer hou. Ons berei baie geposjeerd­e eiers, en omdat die organiese eier se wit dikker is, behou dit sy vorm baie beter wanneer dit geposjeer word – selfs al is die eiers twee weke oud.”

Dan en wan is daar mense in die restaurant wat nie kan verstaan waarom hulle R32 vir twee geposjeerd­e eiers op roosterbro­od moet betaal nie, maar die meeste van hul klante gee nie om nie.

“Hulle weet hulle kry 100% organiese eiers op boetiekbro­od (artisanal bread) wat van klipgemaal­de meel gemaak word.”

Volgens Bailey is dit moeilik om verskaffer­s van suiwer organiese produkte te kry.

“Ons wil graag nét organiese produkte en GM-vrye produkte aankoop, maar sodra jy die verskaffer­s begin uitvra oor hul insette en metodes, verdwyn hulle gewoonlik soos mis voor die son.” — LUCILLE BOTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa