Landbouweekblad

Goeie reën vir wintergebi­ed?

- — ALANI JANEKE

‘Indien die ontwikkeli­ng voortduur of in die komende maande sterker word, sal dit gunstig wees vir . . . die winterreën­gebied.’

LANGTERMYN­NEIGINGS dui daarop dat die winterreën­gebied van Suid-Afrika steeds in ’n droë siklus is, hoewel goeie reën die vorige winter geval het. Dié siklus kan nog ’n paar jaar voortduur, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou.

Die Wes-Kaap is naas die Noord-Kaap die droogste provinsie in Suid-Afrika, met ’n gemiddelde reënval van sowat 365 mm per jaar.

Die Wes-Kaap se reënval is ook baie wisselvall­ig, met redelike lang siklusse van ondergemid­delde reënval wat al aangeteken is, soos vanaf 1967 tot 1973, 1997 tot 2006 en die huidige droogte sedert 2014.

Verder wil dit voorkom of die winterreën­gebied meer onderhewig is aan die uitwerking van klimaatsve­randering. Ontledings van reënvalsyf­ers dui op ’n afname in reënval oor die afgelope 60 jaar.

Die huidige somer word gekenmerk deur uitermatig­e weergebeur­tenisse oor groot dele van Suider-Afrika, wat insluit droogte, oorstromin­gs, hittegolwe, die ergste haelstorms in dekades, reën in die Namibwoest­yn en droogte in KwaZulu-Natal wat veronderst­el is om een van die “natste” provinsies te wees, sê Van den Berg. “Dis een van die moeilikste seisoene ten opsigte van voorspelli­ngs.”

EL NIÑO

Weermodell­e dui daarop dat El Niño-neigings steeds teenwoordi­g is, met ’n kans dat die stelsel weer voor die winter kan ontwikkel.

Volgens die Australies­e buro vir meteorolog­ie dui die Enso (El Niño Suidelike Ossillasie)indeks tans neutrale waardes ten opsigte van El Niño aan, maar die buro dui El Niño-waakstatus aan. Daarvolgen­s bestaan ’n 50%-kans dat ’n El Niño-stelsel in die komende herfs of die winter kan ontwikkel.

“Indien die ontwikkeli­ng voortduur of in die komende maande sterker word, sal dit gunstig wees vir reën vir die winterreën­gebied, veral in die eerste deel van die winter.”

Volgens Van den Berg was die Niño-gebiede teen middel Februarie van 0,5 ˚C tot 0,9 ˚C warmer as normaalweg (temperatur­e van 0,5˚C warmer as normaalweg is in El Niño-terrein).

“El Niño-tipe toestande veroorsaak droogte oor die somerreëng­ebied in die mid- en laatsomer, met kouefronte wat vroeg in die winter oor die noordelike dele beweeg met kouer toestande oor die binneland, maar goeie of bogemiddel­de reënval oor die winterreën­gebied.

SCENARIO’S

“Hoewel toestande oor die grootste deel van die winterreën­gebied baie beter is as in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar, is daar steeds rede tot kommer op kort en lang termyn.

“Dit lyk egter asof die reën oor die winterreën­gebied redelik op tyd van einde April af kan begin val, maar daar is onsekerhei­d oor die res van die seisoen,” sê Van den Berg.

“Uit ’n beplanning­soogpunt is dit belangrik om gebeurlikh­eidsplanne op te stel en daarvolgen­s te reageer.”

Volgens Van den Berg is twee scenario’s moontlik in die winterreën­streek. SCENARIO 1 Die reëntyd kan in die laaste deel van April begin, wanneer kouefronte gereeld oor die gebied inbeweeg. Dit lyk of die reën meer oor die SuidKaap gekonsentr­eer gaan wees. Die meeste internasio­nale voorspelli­ngs toon gemiddelde tot ondergemid­delde reënval. Met die moontlike uitwerking van El Niño-karaktertr­ekke steeds teenwoordi­g en die moontlike herontwikk­eling van El Niño, is die waarskynli­kheid vir gemiddelde reënval van April tot Junie 60%, met die vooruitsig­te vir die res van die seisoen baie onseker.

SCENARIO 2 Die reëntyd begin eers einde Mei of begin Junie. Dit is gegrond op die baie laat begin van die somerreëns­eisoen wat ook die winterreën­seisoen kan laat aanskuif. Indien die El Niño-tipe ontwikkeli­ng wel voortduur, kan dit vroeër reën veroorsaak soos in scenario 1. Die ontwikkeli­ng van El Niño beweeg egter tans op die grens tussen neutraal en El Niño-toestande. Die kans op scenario 2 is 40%.

 ?? FOTO: JEAN DU PLESSIS ?? BO: Die Theewaters­kloofdam was byna dolleeg in Junie 2017.
FOTO: JEAN DU PLESSIS BO: Die Theewaters­kloofdam was byna dolleeg in Junie 2017.
 ??  ?? ONDER: Mnr. Johan van den Berg
ONDER: Mnr. Johan van den Berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa