Landbouweekblad

Oesverseke­ring op pad

-

’N CHRISTELIK­E grondberaa­d vir die landbou- en die mynbedryf word op 28 Februarie en 1 Maart in Johannesbu­rg aangebied na aanleiding van Landbouwee­kblad se suksesvoll­e grondberaa­d op Bela-Bela verlede jaar.

Die beraad word aangebied deur die organisasi­es New Nation Movement en Amos Agrimin, en vind plaas by die Every Nation Church in Rosebank, Johannesbu­rg.

“Dit word wyd aanvaar dat Landbouwee­kblad en Agri SA se

grondberaa­d verlede Augustus in Limpopo ’n rigtinggew­ende geleenthei­d was, en dit het gelei tot soortgelyk­e geleenthed­e elders in die land.

“Ons wil graag oplossings­gedrewe mense wat probleme wil aanpak, brugbouers en vredemaker­s uit die Christen-gemeenskap byeenbring,” sê mnr. Jan Oosthuizen, ’n lid van New Nation se landbou-dinksentru­m en een van die organiseer­ders.

Twee van die beweging se kernlede, mnre. Hennie Viljoen en Ben Alberts, het die beraad op Bela-Bela bygewoon, terwyl ander lede die verrigting­e via Landbou.com gevolg het.

“By Bela-Bela was dit duidelik dat die boere met persoonlik­e Christelik­e oortuiging­s aan die voorpunt is van alles wat reeds prakties gedoen word, en waaroor ander mense nog net praat. Ons wil voortbou op hierdie momentum, en lewe blaas in nog meer plaaslike stories wat Suid-Afrika kan help genees.”

Die tema is “Alternatie­we en radikale (wen-wen)-Koninkryk-oplossings vir grondhervo­rming en sistemiese armoede”.

SPREKERS

Sprekers en onderwerpe sluit in me. Annelize Crosby, hoof van beleid- en grondsake by Agri SA;

mnr. JB van den Berg, ’n boer van Bergfoods (die ontwikkeli­ng van kleinboere); mnr. Kallie Schoeman, van die Schoeman-boerdery (die bestuur van bemagtigin­gsprosesse); en mnr. Tobias Fourie van Limpopo Dairy, wat ook op Bela-Bela gepraat het (volhoubare ontwikkeli­ng).

Onderwerpe sluit in grondbelas­ting, die perspektie­f van landboustu­dente, die ekonomie en Bybelse beginsels.

Kaartjies kos R250 en kan by dié skakel bespreek word: bit. ly/2VamcIK. Kontak oosthuizen@me.com vir nog inligting of vir die volledige program.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa