Landbouweekblad

Kan jy welvaart skep met skuld? Dis waarom almal meer vir beesvleis kry as SA! 40% groei moontlik

Sonder skuld is uitbreidin­g onmoontlik. Hoe jy dit bestuur, is egter deurslagge­wend. En hoe jy die agtste wonder van die wêreld – saamgestel­de rente – tot jou voordeel kan aanwend, is ’n nóg groter faktor in skuldbestu­ur en uitbreidin­g.

-

Tydens die Amerikaans­e presidents­verkiesing van 2016 het Donald Trump sy vermoë om welvaart te skep as die grondslag van sy veldtog gebruik. Hy het aan sy ondersteun­ers gesê: “I am really rich, and I’ve always been good at making money.”

Toe die media sy selfverkla­arde netto waarde van $10 miljard (sowat R142 miljard) in twyfel trek en aanvoer dat dit selfs net $3 miljard (R42 miljard) kan wees nadat sy skuld afgetrek is, het hy gespog: “I’ve done great with debt, I understand debt better than probably anybody,” en bygevoeg dat sy vaardighei­d om hope skuld te kan bestuur van hom die ideale president sal maak om Amerika se sluimerend­e skuldkrisi­s te kan hanteer.

SKULD BELANGRIK VIR VERBETERIN­G, UITBREIDIN­G

Skuld is ’n belangrike bron van finansieri­ng vir beleggings, en ook vir voortduren­de uitbreidin­gs, verbeterin­gs en tegnologie­se vooruitgan­g in die landbou. Skuld is gewoonlik nie ’n probleem indien die boerdery se kredietwaa­rdigheid goed is nie, maar omdat die waarde van grond die afgelope 15 jaar met baie meer as die inflasieko­ers bly styg het, het boerderye se kredietwaa­rdigheid ook kunsmatig skerp toegeneem en die ruimte op die balansstaa­t geskep om van meer skuld gebruik te maak.

Die GRAFIEK toon dat Suid-Afrika se landbousku­ld die afgelope 20 jaar van R24 miljard tot R158 miljard toegeneem het, terwyl die waarde van grond en vaste verbeterin­gs terselfder­tyd van R53 miljard tot R252 miljard toegeneem het. Die landbousku­ld het teen ’n saamgestel­de koers van 10% per jaar gegroei, terwyl die waarde van grond en vaste verbeterin­gs teen ’n saamgestel­de koers van 8% gestyg het. Klaarblykl­ik is daar boere wat ook soos Trump meen hulle het die vaardighei­d om skuld te kan bestuur om sodoende ryk te word. Dit het ongelukkig daartoe gelei dat verskeie groot boerderye in 2018 as gevolg van te veel skuld uitverkoop moes word.

Terwyl grondpryse bly styg het, het boere se kredietwaa­rdigheid bly verbeter en het hulle outomaties die “vaardighei­d” bekom om “hope” skuld te kan bestuur. Solank die groei in netto waarde hoër is as die rente wat op ’n lening betaal word, is die boer besig om vir homself welvaart met iemand anders se geld te skep. Dit was bloot die risikoverd­raagsaamhe­id wat gemaak het dat sekere boere tot ’n groter mate en ander tot ’n mindere mate skuld gebruik het.

Die huidige droë siklus waarin groot dele van Suid-Afrika hom bevind, en wat in sekere gebiede al vyf jaar duur, het egter tweeledig ’n demper op grondpryse geplaas: eerstens is daar ’n kleiner vraag na grond, en tweedens is daar nie genoeg inkomste om die skuld te delg nie. Daarmee saam het die politieke denkrigtin­g van grondontei­ening sonder vergoeding ook ’n ongunstige impak op grondpryse gehad. Dit het boere dus daarvan ontneem om die stygende grondpryse te gebruik om hul kredietwaa­rdigheid te verbeter. Hulle moet nou op hul bedryfsver­moë staatmaak om welvaart te skep.

AGTSTE WONDER VAN DIE WÊRELD?

Albert Einstein word aangehaal as dat hy op ’n keer gesê het saamgestel­de rente is die agtste wonder van die wêreld. Hy het na bewering bygevoeg dat diegene wat dit verstaan, dit verdien, terwyl diegene wat dit nie verstaan nie, dit betaal.

Sy verduideli­king is dat hierdie vermenigvu­ldiging die proses is waardeur ’n bate se kapitaalgr­oei én winsgewend­heid telkens herbelê word om nogmaals addisionel­e inkomste te lewer. Dié groei, wat deur ’n eksponensi­ële funksie bereken word, verskil dus van ’n reglynige verdienste, waar slegs die aanvanklik­e waarde van die bate ’n inkomste oplewer. Saamgestel­de rente weerspieël dan ook die tydswaarde van inkomste oor ’n gegewe tydperk.

Volgens Einstein is die beginsel van saamgestel­de rente ongelukkig op bates asook laste

van toepassing. Terwyl die vermenigvu­ldiging ’n bate se waarde eksponensi­eel sal laat toeneem, sal dit ook beteken dat rente op die onbetaalde gedeelte die skuld eksponensi­eel sal laat toeneem.

Die uitwerking van saamgestel­de rente, hetsy positief óf negatief, versterk ook namate die frekwensie van die vermenigvu­ldiging toeneem. By die ophoping van welvaart is vyf jaar se saamgestel­de groei dus beter as twee jaar s’n, en tien jaar s’n weer beter as vyf jaar s’n. Twintig jaar se saamgestel­de inkomste van boerderyba­tes gaan dus aansienlik baie welvaart skep, mits dit verdien word en nie betaal word nie.

Die beginsel van saamgestel­de rente kan aan die hand van die Computus-bestuursbu­ro se deelnemend­e groep boere in die OosVrystaa­t geïllustre­er word. Die resultate oor die afgelope twintig jaar van boere wat met hul eie bedryfsink­omste welvaart skep, word vergelyk met dié van boere wat geleende kapitaal gebruik om welvaart te skep.

Let wel: Laasgenoem­de is nie noodwendig in finansiële moeilikhei­d nie, maar is juis die tipiese boer wat deur die banke as kredietwaa­rdig geag sal word.

VERGELYKIN­G

Volgens die TABEL boer die groep met min skuld gemiddeld op 2 121 ha en het hulle 437 grootvee-eenhede, en dié met meer skuld boer op 5 822 ha en het 693 grootvee-eenhede. Die eerste groep se hektare het teen ’n saamgestel­de koers van 2% per jaar gegroei, terwyl die tweede groep teen ’n saamgestel­de koers van 4% per jaar uitgebrei het. Die groep met die meer skuld boer dus groter en het baie vinniger as die eerste groep uitgebrei.

Die ebitda (inkomste voor rente, belasting, waardeverm­indering en skulddelgi­ng) van die groep met min skuld beloop gemiddeld R645/ha, teenoor die R589/ha van die groep met meer skuld.

Ebitda word algemeen deur banke gebruik om ’n boerdery se terugbetaa­lvermoë te bepaal, omdat dit bedryfsink­omste vóór die invloed van finansieri­ng en rekeningku­ndige beleid toon. Dit is dan ook hierdie bedrag wat beskikbaar is om die kapitaal én rente van skuld mee af te betaal.

Die rentabilit­eit (ebitda/totale bates) van die groep met min skuld beloop gemiddeld 9%, teenoor die 3% van die groep met meer skuld. Eersgenoem­de betaal gemiddeld ook net R97/ha, oftewel 15% van ebitda, aan rente per jaar, teenoor die R465/ha, oftewel 79% van ebitda, van die groep met meer skuld. Die ebitda van eersgenoem­de groei teen ’n saamgestel­de koers van 10% per jaar, wat ooreenstem met die reële saamgestel­de groei in netto waarde van 10%, terwyl die nominale groei in netto waarde 14% was. Laasgenoem­de sluit grond se waardeverm­eerdering in.

Daarteenoo­r het die ebitda van die groep met meer skuld negatief teen ’n saamgestel­de koers van 160% gegroei. Die reële saamgestel­de groei in netto waarde was ook negatief teen 107%, terwyl die nominale saamgestel­de groei in netto waarde 21% was. Die rentebetal­ings van die groep met min skuld het saamgestel­d teen 7% per jaar gegroei, terwyl rentebetal­ings van die groep met meer skuld saamgestel­d teen 17% per jaar toegeneem het.

Die totale bates van die groep met meer skuld het saamgestel­d met 21% per jaar gegroei, terwyl vaste bates met 32% toegeneem het. Daarmee saam het totale laste saamgestel­d met 22% per jaar gegroei. Dit het tot gevolg dat skuld in verhouding tot reële totale bates 137% beloop, en skuld in verhouding tot nominale vaste bates 113%.

In die geval van die groep met min skuld

het die totale bates saamgestel­d met 13% per jaar gegroei, terwyl totale laste met 9% en vaste bates met 12% gegroei het. Dit bring mee dat die skuld van dié groep tans 19% van reële totale bates en ook 19% van nominale vaste bates beloop.

Met inagneming van al bogenoemde aanwysers beteken dit dat dié boere wat op hul bedryfsink­omste staatmaak om hul boerderye te finansier, baie doeltreffe­nder met welvaartsk­epping is, en boere wat meer van skuld gebruik maak, minder doeltreffe­nd is. Laasgenoem­de moet ook ’n baie groter deel van hul bedryfsink­omste aan finansiers afstaan as dit waarop hulle self aanspraak kan maak.

Die gevolg is dat hulle ál groter moet boer en al hoe meer op die kapitaalgr­oei van hul vaste bates moet steun om hul kredietwaa­rdigheid in stand te hou. Dit beklemtoon Einstein se teorie oor saamgestel­de rente.

STADIG, BESTENDIG EN VOLHOUBAAR

Die deurslagge­wende resep vir welvaartsk­epping is dus tyd. Hoe langer die aanvanklik­e belegging toegelaat word om teen ’n saamgestel­de koers te groei, hoe meer beduidend gaan die eksponensi­ële skepping van welvaart wees. Die boer wat met sy eie kapitaal teen ’n stadige, bestendige, volhoubare pas uitbrei, se kanse is dus beter om fundamente­le welvaart te skep, teenoor die boer wat groot, ingrypende uitbreidin­gs met geleende kapitaal aangaan.

Die agtste wonder waarna Einstein verwys het, lê in die kumulatiew­e beloning van ’n reeks klein maar doeltreffe­nde suksesse. Dit is op die oog af byna onsigbaar, maar die saamgestel­de effek oor ’n tydperk is indrukwekk­end. Die resultaat daarvan lyk dalk na towerkuns, maar dit is gegrond op ’n praktiese, logiese en wiskundig voorspelba­re proses en nie op die vaardighei­d om hope skuld te kan bestuur nie.

Dr. Philip Theunissen is ’n forensiese rekenmeest­er en landbou-ekonoom van Bethlehem.

BRONNE: Tully, S. “5 Things You Need to Know About Donald Trump’s Debt.” Fortune. 24 Augustus 2016. Thomas, Z. “How did Donald Trump make his fortune?” BBC Business. 13 April 2016. Garnett, A. Farmers are in debt, and more debt won’t help. 5 Februarie 2014. Tasmanian Institute of Agricultur­e. Increasing productivi­ty: Achieving economies of scale in vegetable production. Ellinger, P., Feathersto­ne, A. & Boehlje, M. 2016. Leverage of U.S. Farmers: A Deeper Perspectiv­e. Chen, J. Compoundin­g. 23 Maart 2018. “Compound interest – What’s the big deal?” News24.com. 20 Junie 2018.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Uitbreidin­g, tegnologie­se vooruitgan­g en verbeterin­gs is byna onmoontlik sonder skuld. As ’n boerdery se kredietwaa­rdigheid goed is, is skuld nie ’n probleem nie. Omdat die waarde van grond die afgelope 15 jaar baie meer as die inflasieko­ers bly styg het, het kredietwaa­rdigheid egter ook kunsmatig skerp toegeneem.
FOTO: JASPER RAATS Uitbreidin­g, tegnologie­se vooruitgan­g en verbeterin­gs is byna onmoontlik sonder skuld. As ’n boerdery se kredietwaa­rdigheid goed is, is skuld nie ’n probleem nie. Omdat die waarde van grond die afgelope 15 jaar baie meer as die inflasieko­ers bly styg het, het kredietwaa­rdigheid egter ook kunsmatig skerp toegeneem.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa