Landbouweekblad

Sonkrag-hekkie byna plat

- — CARIEN KRUGER

’N KOMITEE van die Nasionale Energiereg­uleerder (Nersa) sal hopelik vandeeswee­k (27 Februarie) ’n registrasi­eheffing vir sonkragpla­se goedkeur.

Dit sal die weg baan vir boere met sonkragste­lsels om by Nersa te registreer en só Eskom-krediete danksy sonkragopw­ekking te verdien.

Landbouwee­kblad het in Januarie berig dat vier kliënte van Sonfin onder die eerste boere is wat sedert Desember Eskom-krediete begin kry het, maar dat Nersa se gesloer met die afhandelin­g van vereistes vir die registrasi­eproses, spesifiek die vasstellin­g van ’n registrasi­eheffing, keer dat nóg boere hierby baat kan vind.

Sonfin installeer sonstelsel­s vir boere waarmee hulle krag wat hulle nie dadelik gebruik nie, op die Eskom-netwerk kan berg (dit staan bekend as banking).

Mnr. Chris Schutte, direkteur van Sonfin, sê hulle het kliënbeoog

te wat nét wag dat Nersa hul registrasi­esertifika­te uitreik sodat Eskom hul sonkragste­lsels aan die netwerk kan koppel en hulle die voordele daarvan kan begin benut.

KLAAR GOEDGEKEUR

Nersa het in Desember ’n voorgestel­de registrasi­eheffing van R200 vir kommentaar gepublisee­r.

Schutte sê dit het op 7 Februarie op ’n vergaderin­g van die elektrisit­eitsubkomi­tee van Nersa geblyk die energiereg­uleerder het oorwegend gunstige kommentaar op die voorgestel­de heffing ontvang.

Die subkomitee het, te mid-

de van ’n vol agenda, besluit dié kwessie is dringend en het dieselfde dag die registrasi­eheffing goedgekeur.

Dit is vir finale goedkeurin­g na die energiereg­uleerderko­mitee verwys, wat dit hopelik op 27 Februarie sal oorweeg.

Schutte sê Sonfin het intussen heelwat nuwe navrae van belangstel­lende boere ontvang wat sonkragste­lsels oorweeg.

Lees ook die berig op bl. 78 oor hoe boere wat sonkrag opwek, kan help om beurtkrag te verlig, mits Eskom en Nersa boere se aansoeke vinniger verwerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa