Landbouweekblad

Die koste van afsterwe

Tydens die beredderin­g van ’n boedel is daar altyd uitgawes waarvoor voorsienin­g gemaak moet word. Boere moenie dink net omdat hulle min skuld of genoeg lewende hawe het, hulle dié koste sal kan vryspring nie.

-

Twee dinge wat seker is, is die betaling van belasting, en die dood. Dit is dan ook nie verbasend nie dat dié twee sake baie nou aan mekaar verbonde is.

Wanneer iemand sterf, is die kans baie groot dat dit die een of ander vorm van belastinga­anspreekli­kheid gaan ontketen. Dit is egter nie net die belasting nie, maar ook ander koste en uitgawes wat betaalbaar kan wees wat in ag geneem moet word.

Baie kliënte se antwoord op die vraag of hul boedels genoeg likiditeit het om by afsterwe voorsienin­g te maak vir die betaling van boedelkost­e, is dat hulle min of geen skuld het nie, of dat daar genoeg roerende bates of lewende hawe is om die skuld te delg. Kliënte moet egter besef waarvoor alles voorsienin­g gemaak moet word om ’n boedel suksesvol af te handel. Die volgende is van die belangriks­te uitgawes in dié verband.

SKULD

Maak voorsienin­g vir die betaling van uitstaande skuld in die boedel, waaronder koöperasie­skuld, oeslenings, klerereken­inge, verbande, kredietkaa­rtskuld, banklening­s en huurkope. Waar die kliënt persoonlik borg geteken het vir die skuld van enige persoon of entiteit, soos beslote korporasie­s, maatskappy­e of trusts, is dit noodsaakli­k om te bepaal of genoeg voorsienin­g in dié entiteite gemaak is vir die betaling van gemelde skuld. Indien ’n borgstelli­ng by die kliënt se afsterwe opgeroep word, sal dit tot ekstra uitgawes in die kliënt se boedel lei. Dit kan vertraging­s in die afhandelin­g van die boedel veroorsaak weens die verhaling van dié betalings.

BELASTING BTW en inkomstebe­lasting

Die finale inkomstebe­lasting en moontlike aanspreekl­ikheid vir BTW van die oorledene en die boedel kan ook ’n rol speel. Hoewel die impak en berekening hiervan ’n gesprek op sy eie is, moet mense kennis neem van die moontlike betaling. Die gevolge van verhoogde inkomstebe­lasting ten opsigte van lewende hawe en bedryfsbat­es wat die oorledene in sy eie hoedanighe­id besit het, is reeds in vorige artikels bespreek, en die impak daarvan in die oorledene se boedel moenie onderskat word nie.

Kapitaalwi­ns- en boedelbela­sting

Hoewel die oorledene se testament die aanspreekl­ikheid ten opsigte van kapitaalwi­nsen boedelbela­sting beïnvloed, moet kliënte besef hierdie belasting sal die een of ander tyd betaal moet word. As dit nie in die boedel van die eerssterwe­nde is nie, kan dit in die langslewen­de boedel betaalbaar wees. Hoewel die belastingw­ette voorsienin­g maak vir sekere kortings by die berekening van kapitaalwi­ns- en boedelbela­sting, onderskat kliënte dikwels die bedrag en impak daarvan, veral weens die hoë pryse van landbougro­nd.

ADMINISTRA­SIE

Ten einde ’n boedel te beredder, moet die eksekuteur sekere uitgawes aangaan, waaronder meestersfo­oie, oordragsko­ste (wanneer vaste eiendom aan erfgename oorgedra moet word), waardasiek­oste, advertensi­ekoste, begrafnisk­oste en algemene uitgawes. Indien daar baie bates in die boedel is, kan die administra­siekoste ’n aansienlik­e bedrag beloop. Dit is noodsaakli­k dat voorsienin­g gemaak word vir hierdie uitgawes.

EKSEKUTEUR­S

’n Eksekuteur word aangestel om die boedel te beredder. Die eksekuteur­starief word wetlik beperk tot 3,5% van die boedel se waarde. Indien van toepassing, kan die eksekuteur ook BTW op hierdie tarief hef. Hoewel die eksekuteur die tarief kan verminder, kan dit steeds ’n aansienlik­e bedrag beloop. Die eksekuteur­starief op ’n boedel met bates van R10 miljoen beloop byvoorbeel­d sowat R350 000. Indien BTW daarop gehef word, beloop dit R402 500.

Bogenoemde koste en uitgawes is nie noodwendig die enigste in dié verband nie; dit is bloot ’n aanduiding van sommige van die koste waarvoor voorsienin­g gemaak moet word. Hoewel die boer by sy afsterwe dalk nie skuld het nie, sal daar ná sy afsterwe beslis koste en uitgawes wees.

Dit is noodsaakli­k dat hy daarvoor voorsienin­g maak.

Mnr. Stephan van Zyl is ’n regsadvise­urbestuurd­er by Old Mutual Makelaarsd­ienste in Pretoria.

NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa