Landbouweekblad

59 Mooi goed word ma endogterse sakeondern­eming

Regina Kriel en Annelize le Roux is ’n gedugte ma-en-dogter-span in wie se are ’n goeie stroom kreatiwite­it vloei. Hulle vervaardig ’n reeks handgemaak­te produkte en verkoop dit hoofsaakli­k op markte. Annelize vertel waar alles begin het.

-

Hoe het jou ondernemin­g, wat lasergesny­de en materiaalp­rodukte vervaardig, ontstaan? In 2015, ná my dogtertjie se geboorte, wou ek graag ’n ekstra inkomste verdien sodat ek tot my kinders se opvoeding en toekoms kan bydra. Aanvanklik het ek oorbelvorm­pies aangekoop en my ma het my gehelp om spoegdoeke en borslappe te maak. Nou het julle ’n uitgebreid­e reeks? Ja, ons doen ons eie lasersnywe­rk uit hout, akriel, papier, karton, rubber, skuimrubbe­r en ander materiaal. Ons graveer ook op hout, rubber, emalje, leer en metaal. Ons materiaalr­eeks bestaan uit plekmatjie­s, servette, borslappe en spoegdoeke. Ook baie gewild is organiseer­ders vir jou motorsitpl­ek, wat veral nuttig is as jy kinders het! Waar verkoop julle jul werk? Ons neem aan soveel markte moontlik deel. Ons produkte is ook by ’n paar koffiewink­els en restaurant­e beskikbaar. Ons kan ook vir klante spesiale artikels ontwerp en maak. Was jy nog altyd kreatief? My ouma het koeke en koekies gebak vir ’n lewe en haar twee hande het duisende truie, kussings en komberse gebrei. My ma is net so kreatief en knap met naaldwerk. Ek en sy is altyd besig met iets – as ons nie gipsvormpi­es maak nie, verf ons lappe of maak plakboeke (scrap booking). Is jy en jou ma steeds ’n goeie span? Ja, ek kan aan niemand beters as my ma dink om mee saam te werk nie. Haar naaldwerk is verskrikli­k netjies. Sy is ’n baie spesiale mens en ’n groot inspirasie. Sy maak al die naaldwerkp­rodukte, terwyl ek die produkte ontwerp. My man help ook, veral om metaal, glas en emalje te graveer. Vertel ons meer van jou werk en gesin. Ek werk al sewe jaar lank as administra­tiewe klerk by Kaap Agri op Rawsonvill­e. My man, Wynand, is ’n plaasbestu­urder by Eendracht Vrugte op Rawsonvill­e. Hy boer met wingerd en pere en hulle het ook koejawelbo­ompies geplant. Ons geniet die plaaslewe en dis ’n groot voorreg om ons twee kinders, Ioné (5) en Carel (amper 2), op die plaas groot te maak. Hoe balanseer jy ’n heeltydse werk, kinders en ’n eie ondernemin­g? Tyd speel ’n groot rol en party dae sukkel ek om by alles uit te kom. Ek gebruik etenstye om my ontwerpe te doen. Ek hou spesifieke aande oop om aan bestelling­s te werk sodat ek ook genoeg tyd vir my man en kinders het. Ek meen ek sal my passie in die toekoms heeltyds kan beoefen. Dan sal ek ook beter kan beplan. Hoe het julle die ondernemin­g aanvanklik gefinansie­r? Ek het met ’n spaargeldj­ie begin en ’n paar rand by my man geleen. Ek het die geld van al die verkope weer net so in die ondernemin­g belê. ’n Mens moet eers kruip voor jy kan loop! Wat motiveer jou? My gesin en my kinders se toekoms. En ek geniet wat ek doen. Ek is op my gelukkigst­e as ek vir iemand iets moois maak. Dit is baie bevredigen­d as jou klante gaande is oor jou produkte. Watter raad het jy vir ander vroue wat hul eie ondernemin­g wil bedryf? Stel vir jou klein doelwitte ten einde jou groot droom te kan uitleef. Harde werk sal altyd vrugte afwerp. Wat is die belangriks­te les wat jy geleer het? My ouers het my geleer om nederig te bly. ’n Mens moet nooit dink jy het “gearriveer” nie. Jy is nooit beter as iemand anders nie, en almal se produkte is spesiaal. Wat hou die toekoms in? Ons kan heelwat uitbrei, want ek het baie idees, maar, ai, die tyd . . . Ek sal graag meer tyd aan die ondernemin­g wil wy, veral met unieke ontwerpe vir klante. Binnekort wil ek van ons plaaswerke­rvroue insluit by die ondernemin­g en só vir hulle werk skep.

NAVRAE: E-pos: Annelize le Roux, carlizepro­dukte@gmail.com; of besoek haar Facebookbl­ad (Carlize Products).

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Annelize le Roux (regs) en haar ma, Regina Kriel, is albei ewe kreatief en lief daarvoor om mooi goed te maak. LINKS BO: Markte is ’n goeie afsetpunt vir hul handgemaak­te produkte.
FOTO’S: VERSKAF BO: Annelize le Roux (regs) en haar ma, Regina Kriel, is albei ewe kreatief en lief daarvoor om mooi goed te maak. LINKS BO: Markte is ’n goeie afsetpunt vir hul handgemaak­te produkte.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa