Amerikaanse tee-pratery
Amerikaners hou van tee, maar feitlik alles word ingevoer. Die plante is daar en die klimaat geskik, maar hoë arbeidskoste maak Amerikaanse tee onbekostigbaar. Die eienaars van die enigste teeplantasie in Noord-Amerika het egter ’n plan beraam.
Tee is al eeue lank onlosmaaklik verweef met Amerika. Nie net drink Amerikaners baie tee nie, maar die Amerikaanse koloniste se protesoptrede in 1773 toe hulle vragte tee in die hawe by Boston gestort het, het ook ’n groot rol gespeel in die totstandkoming van wat mettertyd ontwikkel het in die magtigste staat ter wêreld.
Die sogenoemde Boston-teeparty word beskou as een van die keerpunte in die aanloop tot die Amerikaanse revolusie wat die Britse heerskappy in Amerika kortgeknip het. In 1773 het die Britte ’n belasting ingestel op tee wat in Amerika verkoop word. In reaksie daarop het ’n groep koloniste hulle vermom soos Indiane en 342 bale tee van die Britse Oos-Indiese maatskappy in die see gegooi. Die een ding het tot die volgende gelei en in 1775 het die revolusie uitgebreek. In Charleston se hawe het Amerikaners ook beslag gelê op bale tee, maar daardie bale is nie in die see gegooi nie. Dit is verkoop om die revolusie te finansier.
Dit is daarom vreemd dat in die hele Noord-Amerika net een teeplantasie bedryf word. Die klimaat is nie die probleem nie, want teeplante (Camellia sinensis) hou van warm, vogtige somers. Dít kry ’n mens in die deelstate Florida, Georgia, Suid- en Noord-Carolina, Mississippi, Louisiana en dele van Texas.
Die rede vir die skaarste aan Amerikaanse teeplantasies vind ’n mens by die Charlestonteeplantasie op die eiland Wadmalaw net buite Charleston, Suid-Carolina. Die plaas beslaan 51 ha waarvan 37 ha met tee beplant is. Die gids, Steven, sê in Sri Lanka sal ’n plantasie van daardie grootte veral met oestyd maklik 200 mense in diens neem, maar in Amerika sal ’n plaas nooit winsgewend kan wees met soveel werkers nie. Arbeidskoste in Amerika is só hoog dat die tee onbekossal tigbaar duur wees.
Die Bigelow-familie, aan wie die plantasie behoort, het daarom besluit om te meganiseer. Deesdae behartig vier mense die hele boerbestuur dery: Een die oesmasjien (’n aankatoenplukgepaste ker), een bestuur die fabriek en twee ver- rig die res van die take.
Teeplante kan eeue oud word. Tog moet blokke in die plantasie soms oorgeplant word. Verlede jaar het hulle byvoorbeeld soveel reën gekry dat van die plante versuip het. Daarom het die plantasie sy eie kwekery waar teeplante van steggies gekweek word. ’n Teeplant is ná sowat vyf jaar in volle produksie.
Omdat teeplante nie vatbaar is vir swamsiektes nie en insekte min skade veroorsaak, kan ’n mens verwag dat tee organies verbou word. By Charleston is dit nie die geval nie.
Amerika maak daarop aanspraak dat hy twee groot bydraes tot die teebedryf gelewer het, naamlik die teesakkie en ystee.
Steven sê hulle dien vroeglente stikstof toe. Dit is al bemesting wat die plante kry. As hulle organies wil boer, kan hulle met tonne hoendermis bemes, maar hulle is bang die reuk skrik toeriste af. TEEPLANTE NIKS NUUTS IN AMERIKA Teeplante groei in Amerika sedert die Franse plantkundige André Michaux teen die einde van die 18de eeu plante uit China ingevoer het. Die plante wat nou in die Charleston-teeplantasie groei, kom uit die Pinehurst-plantasie van dr. Charles Shepard by Summerville, Suid-Carolina. Hy het pryse gewen met sy tee, maar ná sy dood in 1915 het sy plantasie bykans 50 jaar lank wild gegroei totdat van die plante in 1963 na Wadmalaw verskuif is.
In 1987 het William Barclay Hall, ’n opgeleide teeproeër, die plaas gekoop. Die Bigelows het die plaas in 2003 gekoop.
Net die nuwe groei aan die bokant van die plant word gebruik om tee te maak. In teeplantasie elders ter wêreld word die teeblare met die hand geoes, maar die Charleston-teeplantasie se aanpaste katoenplukker sny die plante omtrent 1,5 m hoog af.
Die plaas is in 21 blokke verdeel wat in ’n spesifieke volgorde geoes word. Dit beteken elke blok word elke drie weke geoes, normaalweg van Mei tot Oktober. Die beste tee is die first flush, die eerste snysel van die oestyd. DIE ‘WARE JAKOB’
Swarttee, woeloengtee, groentee en wittee kom van Camellia sinensis. Wittee kom van die eerste groeipunte, maar die Charlestonteeplantasie maak dit nie omdat dit te arbeidsintensief is. Die verskil tussen die ander drie kom met die verwerking van die blare in die fabriek op die plaas: Swarttee word heeltemal gefermenteer, woeloengtee deels en groentee glad nie. Tee is gereed vir verpakking sowat 20 uur nadat die blare geoes is.
Oor een ding is Steven onverbiddelik: Camellia sinensis is die enigste plant waarvan tee gemaak word. As die blare nie van Camellia sinensis af kom nie, is dit nie tee nie, maar ’n aftreksel. Dié siening sal rooibosteeboere laat stik in hul … wel, tee.
TEE-DEURBRAKE
Amerika maak daarop aanspraak dat hy twee groot bydraes tot die teebedryf gelewer het, naamlik die teesakkie en ystee.
In die 19de eeu het teehandelaars monsters van hul produk in papiersakkies met ’n foelievoering verpak en na voornemende kopers versend. In ’n stadium het ’n handelaar – om watter rede ook al – besluit om sy tee eerder in gaassakkies te verpak. Tot sy verstomming het hy agtergekom mense gooi die tee met sakkie en al in kookwater, en dat al hoe meer mense verkies om hul tee in daardie verpakking te koop.
Oor ystee is die storie dat dit in 1904 met die Wêreldhandelskou in St. Louis bloedig warm was. Weens die hitte wou omtrent niemand ’n teehandelaar se warm tee drink nie. Toe beraam hy ’n plan: Hy het die tee laat afkoel en ys daarby gegooi. Kort voor lank kon hy die toeloop skaars hanteer.
Dit is ’n mooi storie, maar dalk nie die volle waarheid nie. Daar bestaan bewyse dat Amerikaners al in die 19de eeu tee koud gedrink het.
Nietemin, Amerikaners hou van ystee. Na raming is die verbruik van ystee 85% van alle tee wat deesdae in Amerika gedrink word.
In Suid-Carolina is sweet tea ’n gewilde variasie van ystee. Dit is versoete swarttee wat yskoud voorgesit word met ’n skyfie suurlemoen. As jy ooit in Charleston kom, gaan drink daarvan by Jestine’s in Meetingstraat.
Jan Bosman is eindredakteur by Landbouweekblad. Hy en sy vrou, Petro, het Amerika in Desember besoek.