Landbouweekblad

Boereblog: Afrika roep

In SentraalZa­mbië se Mkushiland­boublok is daar ’n gemeenskap boere wat alles volgens die Bybelse manier doen. Hulle werk met dit wat die Here vir hulle gegee het, is selfonderh­oudend enlaatleef­Godse plan vir die gesin.

-

Dickon Elson boer in die Mkushiland­bougebied, sowat 300 km noordoos van Lusaka. Meer as 100 Suid-Afrikaanse en Zimbabwies­e boere het hulle die afgelope 15 jaar in dié kommersiël­e kern van Zambië se landboubed­ryf gevestig.

Dickon is die afgelope ses jaar bedryfsbes­tuurder van CENA Farms (Central African Farming), ’n plaasblok van meer as 2 000 ha. Hy is ook een van meer as 2 000 boere wat destyds hul plase in Zimbabwe moes verlaat toe oudpres. Robert Mugabe besluit het wit boere is nie meer welkom in sy land nie. Twee voormalige Zimbabwies­e boere, Mick Selby en Alex Holding, het CENA Farms in 2009 begin toe hulle hul boerderye saamgegooi het. Twee buitelands­e maatskappy het groot belê om uitbreidin­gs moontlik te maak.

Hulle boer nou op 2 531 ha, alles onder besproeiin­g. In die winter besproei hulle 1 900 ha. CENA Farms boer met saadmielie­s, mielies, koring, sojabone en gars. Hulle het ook onlangs 50 ha makadamiab­ome bygevoeg. “Ons hele graan- en boonopbren­gs word in Zambië verbruik, maar ons gaan die neute uitvoer, saam met ons saadmielie­s. Ons is deurentyd op soek na nuwe gewasse wat ons kan verbou en uitvoer,” sê Dickon.

ONDERSTEUN­ING AAN BESTAANSBO­ERE

Zambië se landbou berus grootliks op die sukses van bestaansbo­ere. Kommersiël­e boere met besproeiin­g en landbouteg­nologie het eers later Zambiese boerdery kom beïnvloed en voedselsek­erheid gevestig.

“Ons is baie betrokke by die opleiding en ondersteun­ing van die bestaansbo­ere in die land.

Ons leer hulle om te boer, help hulle met die tegnologie wat beskikbaar is, en ons koop selfs hul mielies, wat hulle self oes, en verwerk dit in ons meulens. Só bou ons ’n nuwe generasie van boere in Zambië,” vertel Dickon.

Hy is ook nóú betrokke by Foundation­s Zambia, ’n organisasi­e wat plaaslike bestaansbo­ere help.

Foundation­s Zambia is in 2012 begin toe Ben en Cat Frampton van Zimbabwe na Zambië gestuur is – en spesifiek na Mkushi. Hul doel was om ’n “gemeenskap van uitnemendh­eid” te vestig om die boere van Zambië te leer om getrou te wees in wat hulle doen, om te gee, dinge betyds te doen, ’n hoë standaard te handhaaf en nie hulpbronne te vermors nie.

“Op die meeste plase bid ons saam met die werkers voor die dag se werk begin en leer ons die plaaswerke­rs ook gesinswaar­des.” Die Mkushi-boere word een keer per maand deur twee gemeentes, ’n NG kerk en ’n Rooms-Katolieke kerk, bedien.

Dan is daar ook nog ’n jaar lange interne opleidings­program vir bestaansbo­ere. Dit sluit in klaskamerl­esings, praktiese boerdery en praktiese toepassing in hul landerye. Die praktiese boerdery-ondervindi­ng op regte landerye is ’n “lewende klaskamer” waar die bestaansbo­ere nie net leer hoe om te boer nie, maar ook hoe om standaarde hoog te hou, volhoubaar te boer en innoverend te wees.

Die kommersiël­e boere werk die hele seisoen saam met die kleinboere. As die kleinboere samewerkin­g toon, word hulle gehelp om hul grond in ’n volhoubare boerdery te ontwikkel.

NIE TERUG NA ZIMBABWE

CENA Farms het nog verskeie hinderniss­e, soos hoë produksiek­oste (alles word per vragmotor van Suid-Afrika af aangery). Mkushi is ook ver van markte af, en Zambië het nie ’n seehawe van waar hulle kan uitvoer nie. Maar hulle boer en produseer en dit gaan goed.

“Daar was baie hoop toe Mugabe vervang is as president. Baie van ons hier in Zambië het begin wonder of ons nie dalk weer sal teruggaan Zimbabwe toe nie. Maar die situasie in Zimbabwe het vinnig verder agteruit gegaan en ons het gesien dit gaan nie werk nie. Die meeste van ons het ’n nuwe bestaan in Zambië gemaak, en ons gaan hier bly so lank as wat ons kan,” sê Dickon.

Jurie van der Walt is ’n oud-joernalis wat tans ’n heuningbos­teeprojek in die Langkloof bedryf. Hy was einde verlede jaar deel van ’n safarigroe­p wat 5 500 km deur Botswana, die Caprivi en Zambië gereis het.

 ??  ?? CENA Farms boer met saadmielie­s, mielies, koring, sojabone en gars op 2 531 ha.
CENA Farms boer met saadmielie­s, mielies, koring, sojabone en gars op 2 531 ha.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa