Landbouweekblad

Oud, maar lank nie koud (Gholf)

Daar is min ruimte vir foute op die historiese Royal Cape-gholfbaan in Kaapstad.

-

Die Royal Capebaan in Wynberg – naby ander ou bekende gholfbane (soos Rondebosch en Mowbray s’n) – word beskou as die beste tradisione­le park-soort baan in die WesKaap. Die setperk-komplekse is egter modern, en volgens Amerikaans­e PGA-spesifikas­ies gebou.

Dit is redelik plat en maklik om te stap, maar die skoonveld is nou en kan lank opgestel word van agterste bowwe af vir wanneer beroepstoe­rnooie (soos die Kaapstad Ope) gespeel word.

Akkurate bofhoue is noodsaakli­k. Jy moet gereeld óf die bal trek (draw ) óf sny ( fade) om in ’n goeie posisie te wees. Daar is heelwat waterhinde­rnisse en bome op die baan. Die uitsig op die berge is natuurlik asemrowend.

Die syferdrie-putjies speel almal in verskillen­de rigtings en teen verskillen­de lengtes. Die beste een is nr. 15 – korterig, maar met ’n moeilike setperk wat beskerm word deur ’n groot sandkuil, bome en water net duskant en regs van die vlaggie. Die Suidooster, wat daar van links na regs waai, bemoeilik dinge nog meer. Die derde putjie is – teen 470 m – waarskynli­k die langste syfer vier in die Kaap. Gelukkig is dit meestal wind af en dit spog

met ’n lekker groot setperk.

OUDSTE KLUB IN DIE LAND

Hoewel die baan nie meer op sy oorspronkl­ike ligging is nie, is die klub die oudste in die land. Die eerste slagspel-toernooi is reeds in 1886 daar aangebied. Lt.genl. Henry Torrens het met ’n telling van 94 as die wenner weggestap. Die geleenthei­d is vasgelê op ’n foto wat op porselein gedruk is.

Die klub het reeds in 1893 ’n beroepspel­er op die perseel gehad. Hy het die destydse ietwat rowwe baan soveel verbeter dat baansyfer verminder kon word van 100 tot 88! In 1910 is die SA Ope- en die SA Amateur-toernooi op die nuwe baan gehou. Dit was toe dat die klub die Royal-benoeming van koning George V ontvang het.

Intussen is die SA Ope-toernooi al tien keer daar gespeel. Gary Player het dit in 1965 gewen en die eerste speler geword wat al vier rondes op die baan in onder 70 houe voltooi het. Sy telling van 273 (69, 68, 67, 69) was ook ’n rekord vir die toernooi. Deesdae word die Kaapstad Ope-toernooi gereeld op die Royal Cape gespeel.

Oefengerie­we is uitstekend.

 ?? ROELOF BEZUIDENHO­UT FOTO: ?? Die Royal Cape-gholfbaan se eerste bof.
ROELOF BEZUIDENHO­UT FOTO: Die Royal Cape-gholfbaan se eerste bof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa