Landbouweekblad

Op facebook TURKSVY VERRAS AS VERTAKKING

-

’n Oupa se liefde vir tuinmaak, sy kleinseuns se waagmoed en ’n onverwagse gebruik vir iets wat op die meeste plase in Suid-Afrika groei, is daarvoor te danke dat mnre. Michel en WJ Kotzé, twee Vrystaatse neefs, munt kan slaan uit ’n gewas wat onderbenut is. Landbouwee­kblad het op hul plaas naby Jagersfont­ein in die Vrystaat gaan kuier om te sien waarom dié woestynvru­g ’n volwaardig­e vertakking van jou boerdery kan wees. Lees die artikel in die uitgawe van 22 Februarie 2019. THEA ZAAYMAN skryf: Die lekkerste nagereg en vrugte. So bly as iemand daarna omsien. Dit is nogal skaars. Laat my aan my kinderjare dink.

ANNELI VAN JAARSVELD skryf: Michael en WJ Kotze, julle is superslim! Stuur asseblief van die turksvye Boland se kant toe. Hier’s byna niks turksvye nie.

ONA FEUTH antwoord: Asjy gelukkig genoeg is om te kry, kos dit R10 vir een by Pick n Pay!

BILLY MARAIS skryf: Ek het ’n artikel gelees oor ’n proefplaas wat ’n trop Merino’s vir 400 dae sonder vars water aan die lewe gehou het deur water uit turksvye. Los dit nie baie van die boer se probleme in tye van droogte op nie? AMANDA DE JONGE skryf: Laat my aan my kinderjare dink. My ma het dit in skywe gesny, suiker en room oorgegooi, vir ’n dag of twee in die yskas gelos, en dit was poeding!

WILLIE CORDIER skryf: Die lekkerste vrug op aarde. Ek kan bakke vol eet sonder enige probleme.

ANDRE VAN TONDER skryf: Ek bly op die dorp en het my eie plant. Dit bly ’n lekker vrug, veral koud op ’n warm dag.

RONÉL BRAND skryf: Sulke heerlik herinnerin­ge aan my kinderdae! Ek en my pa was ’n turksvy-team. Hy het ’n lang, maer visblikkie aan ’n besemstok gehad. Ek moes sorg vir ’n emmer, graaf en besem. Dan het ek en hy die veld ingery tot by die plant of boom. Hy het met ’n blikkie gepluk en ek het met die emmer gestaan. Ná die plukkery het ons die turksvye op sagte gras met ’n grasbesem heen en weer gerol. Dan terug in die emmer en huis toe. By die huis weer op die gras uitgegooi en met ’n besem heen en weer gevee. Dan in ’n bak kombuis toe, waar my pa die kante met ’n mes en vurk afgesny en die vrugte afgedop het — in roomysbakk­e yskas toe. Héérlik. BABS VAN DER WESTHUIZEN

skryf: In Mexiko word nie net die vrug geeët nie, maar ook die blaaie. Dit word afgeskil en konfyt, poedings en wat nog word daarvan gemaak. Dit word ook gedroog en fyngemaal. In droogtetyd is dit ’n goeie plant om diere mee te voer. MARIA BESTER skryf: Die rooie is nie eintlik ’n eetturksvy nie. Meer bedoel as kos vir diere. Toe ek ’n jong kind was, het my pa sulke turksvye gekerf en vir sy melkkoeie gegee.

TRISH STEYN skryf: Lekker vrug, maar die rooie is nie lekker nie.

ANITA JANNIE DU TOIT skryf: Die rooies is baie soeter as groenes. Moet hulle net nie groen pluk nie!

DAVE HENDERSON skryf: Die rooie is seker vir mampoer of stroop, nie vir eet nie.

BILLY MARAIS antwoord: Die rooie maak ’n bevange stroop. Ek het altyd jong vlakvark met die stroop ingespuit en gespitbraa­i.

ANITA DU PLESSIS STRYDOM skryf: Ons het van die rooies gehad toe ek ’n kind was. Ons het hulle beetturksv­ye genoem. Hulle was stroopsoet.

ANDRE GELDENHUYS skryf: Daar’s baie soorte. Sommiges smaak selfs soos aarbeie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa