Landbouweekblad

Milde neerslae laat Noorde asemskep

- — JASPER RAATS

BOERE in die Vhembe-distrik in Limpopo is verheug oor die afgelope week se reën nadat dié gebied langer as drie jaar erge droogtetoe­stande beleef het.

Die Nzeleledam, ’n belangrike besproeiin­gsdam vir boere in die omgewing, was teen Woensdag 20 Februarie byna 75% vol, sê mnr. Willem van Jaarsveld, uitvoerend­e hoof van Limpopo Landbou.

Hoewel die reën verspoelin­gs in die stedelike gebiede van Thohoyando­u in Venda veroorsaak het en enkele boere op die grens van die Krugerwild­tuin se infrastruk­tuur verspoel het, sê Van Jaarsveld die skade is, sover sy kennis strek, minimaal en dit plaas nie ’n demper op boere se dankbaarhe­id vir die reën nie.

In die Levubu-gebied het byna 250 mm reën van 14 tot 16 Februarie geval, en noord van Phalaborwa het boere 65 mm reën vir die naweek gemeet. Teen druktyd is meer as 120 mm vir Februarie in Phalaborwa self aangeteken.

DAMME VOL

In die Harmoniest­reek tussen Tzaneen en Hoedspruit het 70 mm tot 100 mm op 15 Februarie uitgesak, en die Selatirivi­er het die eerste keer in twee jaar gevloei.

In die weste van Limpopo het die reën ook gehelp om damme en kuile vol te maak. Danksy goeie reën en baie water uit Gauteng wat in die Krokodilri­vier uit die Hartbeespo­ortdam afloop, het die Limpoporiv­ier teen die naweek sterk gevloei.

Die Blyderivie­rpoortdam naby Hoedspruit en die Hans Merensky-dam naby Tzaneen het begin oorloop. Hoewel die Tzaneendam se vlak effens gestyg het, is die dam nog kommerwekk­end leeg met die watervlak op 16%. Die Middel-Letabadam was teen druktyd 8,1% vol. Die Glen Alpinedam waaruit boere in die Tolwe-omgewing besproei, was nog kommerwekk­end leeg, met die damvlak op 18,7%.

“Ons is bekommerd oor die lae damvlakke, maar reën is net so belangrik. Jy kan uit damme en boorgate water gee, maar daar is niks soos reën vir vrugtebome nie,” sê mnr. Piet Smit van die Komati-groep.

MPUMALANGA

Hoewel enkele damme in Mpumalanga nie heeltemal so vol is as in die ooreenstem­mende tydperk in vorige jare nie, sê mnr. Robert Davel van Mpumalanga Landbou dié provinsie het tot dusver ’n baie goeie reënjaar.

“Die suidwestel­ike dele van die provinsie lyk aansienlik beter as einde verlede jaar. Hoewel boere in die Hazyview-omgewing in die Laeveld nog reën sal verwelkom, is daar genoeg water om in hul onmiddelli­ke behoeftes te voorsien.”

 ?? LIONEL HARTMAN FOTO: ?? Die Selatirivi­er in Limpopo vloei die eerste keer in twee jaar.
LIONEL HARTMAN FOTO: Die Selatirivi­er in Limpopo vloei die eerste keer in twee jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa