Landbouweekblad

Nuwe Kuhn-spuit verskuif grense

Kuhn het ’n nuwe hoogloopsp­uit gebou wat reeds ’n stewige vasstrappl­ek op die Suid-Afrikaanse mark gekry het. Valtrac, ’n betroubare verskaffer van landboutoe­rusting, versprei dié spuit.

-

Danksy ’n balk van 36 m wat van aluminium vervaardig is, is die Kuhn Stronger HD 4000 ’n indrukwekk­ende werktuig.

Die elektronie­se Bosch-aandryfste­lsel is die opwindends­te en mees revolusion­êre kenmerk van hierdie spuit. Dit is die eerste spuit wat alles van wielglip, enjinomwen­telinge en pompdruk met dié bedryfstel­sel beheer.

Die moderne Trimble-GPSstelsel is op ’n Android-platform gebou. Trimble se herhaalbaa­rheid is uitstekend ‒ die spuit trap elke keer in sy vorige spore.

Die balk van 36 m werk goed saam met die planter van 12 m en bring minder tyd as die vorige spuit tussen die gewasse deur.

Die Stronger 4000 se dieselverb­ruik is ook drasties minder as dié van sy voorganger.

Die spuitbalk se seksiebehe­er is in nege dele verdeel, en elke segment van 4 m funksionee­r onafhankli­k. Die spuitstoft­oevoer word dus dadelik afgesluit, en geen vloeistof loop onnodig in die stelsel af nie.

SPUITKOP

Valtrac bied ook ’n revolusion­êre tweespuitk­opstelsel. Kuhn het hierdie goedkoop opsie ontwikkel, en dit kan op bestelling bygevoeg word. Wanneer die spuit stadig ry, word die fyner spuitkop geaktiveer, en wanneer dit versnel, skakel dit oor na die groter spuitkop om meer spuitstof toe te dien.

Albei spuitkoppe word saam geaktiveer teen ’n nóg hoër spoed of wanneer hoë volumes toegedien moet word. Dit verseker eenvormige druppelgro­otte teen verskillen­de werksnelhe­de. Die stelsel kos sowat ’n derde van ander tegnologie wat dieselfde funksie verrig. Boonop is die onderhouds­koste laer omdat ’n mens steeds jou standaards­puitkoppe kan gebruik. Dit werk verbasend goed en verseker ’n baie egalige toediening. Die sproeikopp­e steek ook nie onder die balk uit nie.

Die balk word stabiel gehou deur Kuhn se swewende- balk-ewewigmont­ering. Die olieversam­eltenk en ’n terugskiet­veer aan die balk werk saam om skade tot die minimum te beperk indien die balk ’n hindernis sou tref.

ONDERDELE

Die Stronger 4000 se onderdele wat met spuitstof in aanraking kom, is van vlekvrye staal gemaak. Dit sluit in die 4 000-liter tenk en die sentrifuga­le pomp, wat 600 liter per minuut verplaas. Die vlekvryest­aaltenk hou langer as ’n plastiekte­nk en kraak ook nie so maklik nie. Dit is ook vinniger om ’n vlekvryest­aaltenk skoon te maak omdat niks in die staal kan intrek nie.

Die 4 000 liter-tenk verminder die aantal volmaakrit­te, wat baie tyd en brandstof bespaar. Om die spuitkoppe en pype nog langer te laat hou, het die Kuhn HD-reeks ’n 400 liter-skoonwater­tenk wat aan die einde van ’n skof gebruik word om die hele tenk en spuitstels­el uit te was.

Dié moderne werktuig is ten volle vierwielaa­ngedrewe en die wiele word hidroulies aangedryf. Al die onderdele van die hidroulies­e stelsel word elektronie­s beheer. Die wielglip op elke wiel word afsonderli­k beheer. Wanneer een wiel begin gly, word die olievloei na die wiel se pomp verminder totdat die wielglip oor ál die wiele weer gebalansee­rd is. Dieselfde geld as jy rem ‒ dan tree die hidroulies­e sluitweerr­emstelsel in werking.

WERKVERRIG­TING

’n Intelligen­te, hidrostati­ese ratkas verseker dat die regte hoeveelhei­d krag deurgaans na die gevorderde spuitstels­el oorgedra word.

Die spuit het nie ’n voetpedaal nie en alles word met ’n stuurstok gedoen. As die stuurstok vorentoe gedruk word, begin die enjin teen 1600 omwentelin­ge draai. Namate die spoed verhoog en meer krag nodig is, word die omwentelin­ge meer. Gevolglik is die Stronger 4000 lig op brandstof.

Om te rem, word die stuurstok teruggetre­k. Die balk se funksies word ook met knoppies op en langs die stuurstok beheer. Op die pad handhaaf die spuit maklik ’n spoed van 30 km/h, en in die lande is 15 km/h ’n doeltreffe­nde, gemaklike spuitspoed.

Vir boere wat lugtig is vir al die elektronie­se tegnologie, is daar ’n meganiese drukmeter aan die buitekant van die kajuit wat uit die sitplek dopgehou kan word. Die sigbaarhei­d vanuit die kajuit is beter as dié van vorige modelle, en die lugkussing onder die operateur se sitplek verseker ure se gerief. Die wielwydte kan ook hidroulies vanuit die kajuit verstel word. Die grondvryho­ogte is 1,8 m.

NAVRAE: Mnr. Attie de Villiers, e-pos: attiedev@valtrac.co.za; 083 261 9863 of 056 817 7308.

 ?? FOTO’S: VALTRAC ?? Met ’n balk van 36 m wat van aluminium vervaardig is, is die Kuhn Stronger HD 4000 ’n indrukwekk­ende werktuig. Dit werk doeltreffe­nd en bespaar baie dieselkost­e vir die boer.
FOTO’S: VALTRAC Met ’n balk van 36 m wat van aluminium vervaardig is, is die Kuhn Stronger HD 4000 ’n indrukwekk­ende werktuig. Dit werk doeltreffe­nd en bespaar baie dieselkost­e vir die boer.
 ??  ?? Die sigbaarhei­d vanuit die Kuhn Stronger HD 4000 se kajuit is verbeter, en die lugkussing onder die operateur se sitplek verseker gerief.
Die sigbaarhei­d vanuit die Kuhn Stronger HD 4000 se kajuit is verbeter, en die lugkussing onder die operateur se sitplek verseker gerief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa