Landbouweekblad

Lê weg aan wors

-

Mosterdmay­onnaise

60 ml goeie mayonnaise 5 ml heelkorrel­mosterd Paar druppels vars suurlemoen­sap Knippie sout

2 groot uie, in ringe gesny 10 ml elk botter en olyfolie Sout en suiker na smaak 1 lang Franse brood Botter, vir smeer 60 ml tuisgemaak­te blaar- of rooikoolpi­ekel of sauerkraut 2 lang frankfurte­rs

Meng al die bestanddel­e vir die mosterdmay­onnaise saam en hou eenkant.

Soteer die uie oor lae hitte in die botter en olie tot sag. Geur met sout en ’n knippie suiker en braai verder tot die uie begin karamellis­eer. Hou eenkant.

Sny die Franse brood in twee helftes en sny elke helfte in die middel oop. Smeer die binnekant met botter en skep twee eetlepels koolpiekel of sauerkraut in. Maak die frankfurte­rs warm soos jy verkies (in kookwater, in die oond of in die mikrogolf) en sit die warm wors op die koolpiekel. Skep die gekaramell­iseerde uie bo-op en rond af met ’n ruim porsie mosterdmay­onnasie. Sit dadelik voor met ’n yskoue bier of sider.

Lewer 2 ruim porsies. Jy kry bratwurst by die kouevleisa­fdeling in die meeste supermarkt­e. Dit is ’n heerlike, geurige, gerookte varkwors wat smullekker smaak in dié gesonde slaai met sy louwarm mosterdsla­aisous.

Halwe pak (250 g) bruinlensi­es, goed afgespoel Water 2 lourierbla­re

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa