Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

BIELIEPAMP­OENSEISOEN

Mnr. Jacob du Plessis van Vyeboom by sy pampoen van 601,8 kg, vanjaar se wenner op die reuse-pampoenfee­s wat verlede naweek op Heidelberg in die Wes-Kaap gehou is. Dit is weliswaar 11,2 kg ligter as die 613 kg-bielie van mnr.

Peet Joubert van Centurion, wat dieselfde naweek op die Walkervill­elandbousk­ou in Gauteng aangeteken is, maar Du Plessis het met sy inskrywing bewys aanhouer wen, want dit was die derde keer dat hy aan die kompetisie deelgeneem het. “My vorige beste was in 2017, toe ek ’n vierde plek met my pampoen van 300 kg behaal het.” Die kompetisie is deur Shoprite en Checkers geborg.

KORTGEKNIP

Die ad hoc-komitee wat opdrag gekry het om ’n wetswysigi­ng wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, in die Grondwet in te skryf, het nie tyd om sy werk te voltooi voor die parlement op 20 Maart verdaag nie. Me. Thoko Didiza, komiteevoo­rsitter, beveel in haar komiteever­slag aan dat die parlement ná die algemene verkiesing op 8 Mei die wysiging van artikel 25 van die Grondwet finaliseer. Die komitee het op 12 Februarie met sy werk begin en verskeie kenners oor grondhervo­r-

ming en die Grondwet geraadplee­g oor die wetswysigi­ng se bewoording.

KAAPS ED RAAI

Future Farmers, die internskap­projek wat sedert 2006 jong swart mense op werk in die landbou voorberei, het onlangs ’n tak in die Paarl geopen. Me. Judy Stuart, wat die organisasi­e uit Howick in KwaZulu-Natal bedryf, sê al hoe meer jong mense het van die Wes-Kaap af Howick toe gegaan om deel van hul projek te word.

Me. Nako Ndima, bestuurder van die kantoor in die Paarl, sê verskeie kan- didate het spesifiek in gewasse soos druiwe, bessies of kernvrugte belang gestel, waarvoor daar nie plase in KwaZulu-Natal beskikbaar is nie. Só het die idee ontstaan om ’n kantoor in die Wes-Kaap te open. Belangstel­lendes kan die kantoor kontak by 060 550 8729.

APATIESE STAAT

Die avokadobed­ryf se hoop dat die onderskepp­ing van onvolwasse vrugte op varsproduk­temarkte die diefstal en onwettige handel in dié vrugte sou stopsit, is verydel toe die departemen­t van landbou, bosbou en visserye onlangs toestemmin­g gegee het dat só ’n verdagte vrag verkoop word. Dit is nadat die persoon wat die vrugte probeer verkoop het, aangevoer het hy het dit op ’n regmatige manier bekom. Mnr. Edrean Ernst, Letaba-verteenwoo­rdiger van die Suid-Afrikaanse Avokadokwe­kersvereni­ging, het op ’n vergaderin­g van die Letaba-avokadostu­diegroep gesê dit beteken boere is op hulself aangewese om hul oeste te beskerm. Landbouwee­kblad berig meer hieroor in ’n volgende uitgawe.

DORS GELES

Boere in die Overberg, waar 40 mm tot 400 mm reën gedurende swaar storms vroeg verlede week geval het, meen die aanpassing van boere se grondbewer­kingsprakt­yke het daartoe bygedra dat die reën minder spoelskade veroorsaak het. Mnr. Johan Lusse, graandiens­tebestuurd­er by Overberg Agri, sê boere in die gebied bewerk hul grond minder, en dit lei daartoe dat meer vog behou word en die kans op verspoelin­gs kleiner is. Hy sê die reënval is goeie nuus vir ondergrond­se vogvlakke, veral vir boere wat nou reeds droëlandwe­idingsgewa­sse aanplant.

SOVEREIGN BREI UIT

Sovereign Foods, Suid-Afrika se derde grootste hoenderpro­dusent, het ’n meerderhei­dsbelang bekom in die Oos-Kaapse Cold Storage Group (CSG), ’n groothande­laar van pluimveepr­odukte en waardetoeg­evoegde pluimveepr­odukte. CSG versprei, verkoop en verskaf produkte aan kleinhande­laars en instapklië­nte op verskillen­de plekke in die Oos-Kaap. Sovereign het by navraag gesê die transaksie hou meer voordele uit ’n verspreidi­ngsoogpunt in as uit ’n produksie-oogpunt. Sovereign slag 1 miljoen hoenders per week in Uitenhage en 600 000 hoenders per week in Hartbeespo­ort.

KOOP KLEIN

Die supermarkg­roep Pick n Pay gaan spesiaal winkelruim­te afstaan aan produkte wat deur klein besighede geprodusee­r is. “Ons wil dit vir klante makliker maak om klein plaaslike besighede te ondersteun. Dié unieke platform sal ons klein verskaffer­s bekend stel en klante meer oor hul besigheid vertel,” het mnr. Adrian Naudé, die uitvoerend­e groephoof vir hipermarkt­e, op die bekendstel­ling by die Pick n Pay-hipermark in Brackenfel­l gesê. Die webwerf Good Things Guy haal die maatskappy se transforma­siedirekte­ur, me. Suzanne Ackerman-Berman, aan wat sê Pick n Pay “glo kleinhande­laars moet ’n volhoubare ‘dam’ skep waarin entreprene­urs kan ‘visvang’.”

 ?? FOTO: VERSKAF ??
FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa