Landbouweekblad

Herlewings­landbou: Navorsers moet nou inhaal by boere

- — AMELIA GENIS en VIDA BOOYSEN

DAAR word nie meer gefluister oor wie nou eintlik die pas aangee me tv ernuwende denke en die toepassing v ann uwe praktyke in die landbou nie. Boere meen hulle kan selfs meer doen as navorsers by hulle aansluit.

“Ek wil nie op tone trap nie, maar ek wil ne tv ir die navorsers sê ek dink die Suid-Afrikaanse boere het hulle verbygeste­ek. Ek dink hulle moet met ons hande vat omdat ons die aanpassing­s self moes doen. Ons is nie navorsers nie, maar ons kan nie steeds b yu niversitei­te leer wat ons reeds 40 jaar gelede van grondkunde geweet het nie. Navorsing moet ook verander,” het mnr. Danie Slabbert, ’n boer van Reitz, gesê op die herlewings­landboukon- ferensie wat Landbouwee­kblad en die Riemland-studiegroe­p op Reitz aangebied het.

Lede van dié studiegroe­p het die afgelope dekade berge versit om herlewing in hul boerderyst­elsels t ebe werkstelli­g. Hulle het nie geskroom om te leer van ander wat lank voor hulle daarmee begin het nie, en het self reeds skoolgeld betaal. Hoew elh ul vordering duidelik is, gaan die leerproses aan, het Slabbert gesê.

BOERE VORDER SELF

Dié rebelsheid en vernuwende denke beteken nie boere wil amateuragt­ig aandruis nie. Die vordering wat boere op eie inisiatief maak, het hom opgeval, sê mnr. Jason Carter, ’n herlewings­boer van Eastover in die Amerikaans­e deelstaat Suid-Carolina en ’n spreker op die konferensi­es op Reitz enO ttosdal.

“Ek was verstom oor die vlak van wetenskapl­ikheid waarmee Suid-Afrikaanse boere herlewings­landbou beoefen. Dit het my ook beïndruk hoeveel boere inS uid-Afrika reeds dié praktyk voluit beoefen. Ek vermoed selfs dat inS uid-Afrika, in verhouding gesien, meer herlewings­boere is as in Amerika.”

Toe lede van ’n boerepanee­l op Reitz gevra is hoe boere met herlewings­landbou kan begin, he tC arter aanbeveel dat boere seker maak hulle verstaan die wetenskap wat herlewings­boerdery onderlê vóór hulle begin.

Slabbert stem met hom saam, maar voeg by dat boere deeglike planne moet beraam voor hulle die beginsels van bewaringsl­andbou oph ul eie plase gaan toepas. “Dít kan niemand anders vir jou doen nie, want dan is dit sy stelsel en nie joune nie.”

VERSTAAN DIE GROND

Prof. Buz Kloo tv an die Universite­i tv anS uid-Carolina, hoofspreke­r op albei konferensi­es, sê een van die kenmerke van herlewings­landbou is hoe boere begin om die grond te verstaan omdat hulle nie langer kan wag vir advies nie.

Kloot, wa tv anaf 2011 baie gedoen het om boere-vernuwing te dokumentee­r en saam met boere herlewings­boerderypr­aktyke na te vors, sê mense beskou hom as ’n soort pionier, ’n soort kundige. “Eintlik is ek net bevoorreg om boere, die ware helde, se boodskap te verkondig.”

Maar wat beteken di tv ir navorsers? Kloot sê boere vind ui tw at

in die grond gebeur, maar wetenskapl­ikes moet uitvind waarom dit gebeur. Wetenskapl­ikes kan dan breë beginsels daaruit ontwikkel. Kloot meen die beste navorsing sal na vore kom waar navorsers verhouding­s met boere ontwikkel.

Me. Sheila Store yv an Nemlab sê ook haar ondervindi­ng in die vrugtebedr­yf is dat die beste navorsings­projekte na vore kom waar die wetenskapl­ikes én boere saamstem oor die belangrikh­eid van die navorsing.

NIE UNIVERSEEL

Iets wat herlewings­boere goed verstaan en wat dr. Valeria Faggioli in haar oorsig oor 40 jaar van bewaringsb­oerdery in Argentinië uitgelig het, is dat daar nie ’n universele benadering tot herlewings­landbou is nie. Boere kry dit goed reg om dit wat hulle by hu le weknieë in ander gebiede en lande leer, in hul eie toestande aan te pas.

Boere dink dalk hulle pas herlewings­landboupra­ktyke toe om net die winsgewend­heid en volhoubaar­heid v anh ul eie boerdery ete verbeter, maar hoe meer boere dit doen, hoe wyer kan die voordele strek. Prof. James Blignaut, ’ nh ulpbroneko­noom, meen die vaslegging van koolstof, bewaring van water en beperking van erosie as gevolg van herlewings­landbou kan die “lekplekke” of vermorsing in die ekonomie keer en die ekonomie volhoubaar­der laat groei.

 ?? Reitz. FOTO'S: LIZA BOHLMANN ?? Prof. Buz Kloot in ’n profielgat by
Reitz. FOTO'S: LIZA BOHLMANN Prof. Buz Kloot in ’n profielgat by
 ??  ?? Me. Valeria Faggioli
Me. Valeria Faggioli
 ??  ?? Mnr. Jason Carter
Mnr. Jason Carter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa