DI EG OEIE NUUS
Is di tw erklik moontlik om minder insette te gebruik, sonder om opbrengs in te boet? Minder werktuie, minder kunsmis en minder chemikalieë?
Dít is sekerlik die belangrikste vraag in die landbou namate kommoditeitspryse aanhou sywaart sbe weeg, terwyl ál meer kapitaalintensiewe insette nodig is om opbrengste te handhaaf.
Ná die twee herlewingslandboukonferensies wat Landbouweekblad verlede week saam met Graan SA en onderskeidelik die Riemland-studiegroep van Reitz en die Ottosdal-geenbewerkingsklub aangebied het , bl y kdi t dat di tw at oënskynlik onmoontlik is, tog moontlik is. Van Jason Carter v an S uid-Carolina in Amerika to tD anie Slabbert van Reitz en George Steyn v an O ttosdal hoor ’n mens wanneer grond se gesondheid herstel, is minder insette nodig om dieselfde opbrengs t e kr y. Dit gebeu r op uiteenlopende soorte grond en me tv erskillende hoeveelhede reën, maar met dieselfde doel voor oë: Om deur plante en sonlig soveel moontlik koolstof in die grond te plaas.
Namate die koolstof die grond voed, versky n’n verbysterende verskeidenheid mikro-organismes — onder meer rhizobia, mikorisa, voordelige aalwurms, saprofitiese swamme en protozoa. Ook makrolew e—erd wurms onder die grondoppervlak en voordelige predatore en bestuiwers bo die grond. Dit is soos ’n sportspan wat saamwerk om jou grond vrugbaarder en gewasse produktiewer te maak, het dr. Valeria Faggioli van Argentinë verduidelik.
Bewaringsbewerking was maar net die eerst es tap, he tE gon Zunckel van Bergville gesê, want dit het net die erge agteruitgang v anS uid-Afrika se grond stopgesit. Deesdae word die aanvanklike voordele van bewaringsbewerking gestu deur die lewende wortels v anm ultispesie-dekgewasse en die beweiding daarvan deur hoëdruk-dieretroppe wat koolstof in die grond pomp. Di tw erk net soos moeder natuu rdi t ontwerp he tv oordat die mens dit met ploeë versteu rhe t .Pe tru sRo uxv an Hoopstad het di tt reffend beskryf: “Ons o uw enakkers lê soos monumente op die kante van ons lande.”
Jason se lande word volledig met somer- en winterdekgewasse beplant ,me t kontakgewasse wat dan regstreeks daarin geplant word. Hy dien geen korrelfosfor of kalium toe nie. En hoew elhy geen kalk toedien nie, bly sy grond se pH-vlakke sty g.H y dien ook 70% minder insekdoder toe, 50% minder onkruiddoder en 95% minder swamdoder. George en Danie dien ook minder stikstof toe, terwyl Danie vanjaar verwag om ’n mielieoes v an8 ton per hektaar met ne t3 50 mm reën af te haal. Namate minder stikstof toegedien hoef te word, word minder koolstof ook verbrand.
Ironies genoeg, dekgewasse is nie ’n nuwe praktyk nie. In die ou dae is bokwie twy db y Reitz geplant .OpO ttosdal was di t30 jaar gelede ’n algemene, goedkoop praktyk om akkerbone tussen die 7 voet (2,14 m) -mielierye te saai om onder meer onkruid te onderdru k— totdat die versekeringsmanne dit nie meer toegelaat het nie.
Wat keer ons boere dan om dié hoopvolle opsie te bekyk? Prof.
Buz Kloot het die Amerikaanse futuris Alvin Toffler aangehaal: “Die ongeletterdes van die 21st eee u is nie die mense wat nie kan lees of skryf nie, maar diegene wat nie kan leer, alles weer ontleer, en dan wéér leer nie.”
Toe ek verlede week ’n Vrystaatse mielieboer op sy knieë gesien het, besig om met sy hande deur beesmis te krap op soek na miskruiers, het ek gedink ons kan dalk net Toffler se aanmaning systap.