KOOLSTOF: LANDBOU BEHOORT EERDER RABA TT E KRY
Die wetgewing oor koolstofbelasting wat deur mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, bekend gestel is, gaan eers vanaf 2023 op die bosbou en landbo uv an toepassing wees.
Wat dit presies behels, is nog onseker, maar daar is intussen stilw eg ’n b ykomende heffing van 30c per liter op diesel ingebring, wat op1 April vanjaar in werking tree.
Die wetsontwerp op koolstofbelasting gaan ’n ekstra belasting meebring wat op landbouers gehef gaan word. Die wetgewing is geskoei op die beginsel dat die besoedelaar v irs y oormatige koolsuurgasvrystelling moet betaal in die vorm van ’n heffing.
Die meeste mense wat ’n basiese begrip van biologie het, sal besef hoe belaglik dit is om die landbou hiermee te belas. Die koolsuurgasmoleku le (CO2) word deur die proses van fotosintese, waardeur die son se energie gebruik word, opgebreek in ’n koolstofatoom (C) en twee suurstofatome (O). Die koolstof word deur die plant self in sy selstruktuur opgeneem, en die suurstof word vrygestel.
Kan jy jo uv oorstel hoeveel koolsuurgas word daagliks deu r1 000 hektaar mielies of sonneblomme, om maar twee gewasse te noem, in suurstof
omgeskakel?
As ’n mens vergelyk hoeveel diesel die boer verbrand om die 1 000 ha mielies te verbou, teenoor die hoeveelheid koolsuurgas wat h yu it die omgewing neem, moet die boer eintlik ’n rabat ontvang v irs y bydrae om aardverwarming te bekamp, en nie meer belas word nie.
DI RKL INDE Hertzogville