Landbouweekblad

GRONDEISE: WIE MOET DIE OORSPRONG VAN EIENAARSKA­P BEWYS?

-

Die onus moet op wit grondeiena­ars rus om te bewys aan wie behoort grond waarop ’n grondeis bestaan, meen adv. Wim Trengove, ’n regskenner.

Trengove het hierdie voorstel gemaak aan die parlement se ad hoc-komitee wat gelas is om die wysigingsw­etsontwerp oor onteiening sonder vergoeding in die Grondwet op te stel.

Die komitee het kenners genader om hom raad te gee oor hoe die grondwetwy­siging daar moet uitsien.

Trengove het gevra wie die las moet dra om te bewys dat ’n eiendom weens koloniale bevoorregt­ing bekom is wanneer die geskiedeni­s onbekend en onduidelik is.

“Ons geskiedeni­s maak dit duidelik dat ons as wit mense oor jare heen altyd bevoorreg is deur die rassebedel­ing. Ek meen ’n veronderst­elling van bevoorregt­ing is ’n realisties­e en geskiedkun­dig geregverdi­gde veronderst­elling totdat die teendeel bewys word.”

Hy het gesê as die feite bekend is en die teendeel kan bewys word, “dan is dit gaaf en goed. Maar as die feite onduidelik is, dan meen ek daar is ’n rasionele basis vir ’n veronderst­elling dat wit mense bevoordeel is deur kolonialis­me en apartheid.”

CHRI SOL IVIER skryf:

Dis eintlik maklik. Wanneer ek iets besit het en dit word van my gesteel, moet ek kan bewys dat dit myne was voor of tydens die diefstal. Dus berus die onus by die een wat reken sy grond is gesteel om te bewys dat hy die eienaar was en hoe dit van hom gesteel is. Dit gaan maar lol, pappie . . .

SONET KRUGER skryf: Die probleem met die hele storie is dat regskoste baie duur is. Hoeveel boere gaan die geld hê om hul “onskuld” te bewys? Met ander woorde as jy nie geld het om te bewys dit is joune nie, vat die regering dit.

MAARTEN KRUGER skryf: Die

gronddebat gaan net op een manier opgelos word. Solank ons met hom daaroor gesels, gaan ons verloor. Ons moet hom duidelik laat verstaan dat solank hy soos ’n kind hieroor wil praat en allerhande aantygings wil maak, stel ons nie belang om met hom te praat oor die vestiging van swart boere nie. Die probeem is ons kan nie meer hardekwas wees nie, want ons het 25 jaar lank op die VF+ vertrou, en dit het ons niks gehelp nie. In die proses het ons ons vermoë verloor om op te staan en onsself te verdedig.

THEO VORSTER skryf: “Possession is nine-tenths of the law.”

ERIK AH ENN skryf:

Die mense wat die aantyging maak, naamlik die ANC, EFF, BFLF en ander partye, moet die bewyse swart op wit bring – waar, wie en wanneer. Hulle moet dan amptelike klagtes by die polisie gaan indien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa