Landbouweekblad

KEER KORING TERUG NA DIE VRYSTAAT?

- — ALANI JANEKE

SOMMIGE boere in die sentrale en westelike dele van die Vrystaat, soos Hoopstad en Bultfontei­n, het op Graan SA se jaarkongre­s by Bothaville aangedui hulle oorweeg dit om koring te plant, mits hulle genoeg reën voor die winter kry.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou, meen dit kan ’n hoë risiko inhou in die lig daarvan dat talle boere

weens te min grondvog nie somergraan kon aanplant nie.

Hy meen produsente moet hulself versigtig afvra of koring die oplossing in ’n moeilike produksiej­aar is. Hy sê genoeg grondvog moet altyd die eerste oorweging voor planttyd wees. “Die grondvog is gewoonlik nie voldoende om goeie oeste te lewer sonder reën in September en/of Oktober nie.

“In die laaste twee dekades lyk dit of die reënvalpat­roon geskuif het, en kom minder reën in die lente voor. Verder is rypskade ’n groot risiko. Swaar ryp het veral die afgelope paar seisoene voorgekom.”

Van den Berg sê hoewel die insetkoste vir koring waarskynli­k laer is as vir die meeste somergewas­se, word die produksier­isiko groter.

“’n Bykomende risiko wat al hoe ernstiger word, is die skade wat deur rooibekkwe­leas veroorsaak word. Daar moet dus mooi besin word of koring die oplossing is vir ’n swak inkomste uit somergraan.”

PRYSE EN INVOER

Dr. Werner Rossouw, graanhande­laar en voorsitter van Silostrat, sê dié moontlike aanplantin­gs behoort nie ’n beduidende impak op koringprys­e te hê nie, omdat Suid-Afrika in drie van die afgelope vier jaar meer koring invoer as wat plaaslik geprodusee­r word.

“Ons gaan by invoerpari­teitsvlakk­e moet bly verhandel omdat die moontlike verwagte styging in aanplantin­gs nie genoeg sal wees vir plaaslike verbruik nie. Ons kan potensieel minder koring invoer, maar Suid-Afrika gaan steeds ’n netto invoerder van koring wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa