Landbouweekblad

SA KAN 1 MILJOEN TON MIELIES INVOER

-

SUID-AFRIKA kan in die nuwe bemarkings­jaar, gebaseer op verskeie markfaktor­e en die oesskattin­g, 600 000 ton tot 1 miljoen ton mielies invoer, sê dr. Werner Rossouw, handelaar en direkteur van Silostrat.

Die geelmielie-oordragvoo­rraad word tans op 800 000 ton geskat, wat sowat 25 dae se voorraad verteenwoo­rdig. Rossouw sê gewoonlik is sowat 85 dae se oordragvoo­rraad beskikbaar, derhalwe kan pryse nader aan invoerpari­teit verwag word. Dit is mits wesenlike hoeveelhed­e mielies nie ingevoer word nie.

Volgens Rossouw word tans verwag dat 600 000 ton tot 1 miljoen ton geelmielie­s by die Oos-Kaapse en Wes-Kaapse hawens ingevoer sal word. “Indien dit die geval is, sal geelmielie­s in die afsienbare toekoms rondom invoerpari­teitsprysv­lakke moet bly verhandel.”

GROTER AANPLANTIN­GS?

Invoerpari­teitsprysv­lakke kan wel groter aanplantin­gs in die volgende seisoen tot gevolg hê, wat dan weer groter oeste kan lewer. “Dan sal mielies moontlik in die onderste helfte van die pariteitsb­and verhandel.”

Rossouw sê indien die volgende oesskattin­g met 200 000 ton daal, sal Suid-Afrika nog 200 000 ton mielies moet invoer. Die hawens in die Oos- en Wes-Kaap kan van 800 000 ton tot 1 miljoen ton graan hanteer, dus sal ’n verdere 200 000 ton moontlik by die Durbanhawe gelewer moet word. Die invoerpari­teitprysvl­ak by die Durbanhawe is gewoonlik sowat R100 hoër as by ander hawens. “Dan begin ons kyk na invoerpari­teitspryse van R2 800 tot R2 850 per ton in Durban.”

Die invoerpari­teitsprys in die Oos-Kaapse en Wes-Kaapse hawens is tans R2 700/ton en R2 750/ton.

KOMITEE GEPRYS

Rossouw voeg by dat die Oesskattin­gskomitee “fantasties­e” werk doen, en dat sy skatting die emosie uit die mark verwyder omdat hy met syfers werk en met groter akkuraathe­id in die mark help .“Die komitee haal die raai uit die pryse uit.”

Die komitee word gereeld gekritisee­r, veral oor die impak wat sy skattings o pp ryse kan hê. Rossouw sê die komitee is geneig om konserwati­ef met sy skattings aan die begin van ’n seisoen te wees, soos in 2016.

Rossouw sê die komitee se eerste produksies­katting van 10,510 miljoen ton vir die 2018-’19-mielie-oes, tesame met die onsekerhei­d van die droogtetoe­stande, het pryse verbeter.

“Hoewel die skatting groter as verwag was, het die mark ’n syfer gehad om mee te werk, ook ten opsigte van oordragvoo­rrade. Die prys per ton mielies het toe vir drie dae aaneenlope­nd gestyg.” — ALANI JANEKE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa