Landbouweekblad

Onteiening sonder vergoeding ‘gebeur voor ons oë’

- — AMELIA GENIS

“ALMAL is bekommerd oor grondontei­ening sonder vergoeding, maar dit gebeur reeds voor ons oë,” het mnr. Egon Zunckel, ondervoors­itter van die KwaZulu-Natalse geenbewerk­ingsklub, gesê op die herlewings­landboukon­ferensie op Ottosdal, wat Landbouwee­kblad met die samewerkin­g van Graan SA en die Ottosdal-geenbewerk­ingsklub aangebied het.

Zunckel het aan konferensi­egangers foto’s vertoon van erge gronderosi­e wat hy in die distrik Viljoenskr­oon in die Vrystaat geneem het. “Ons grond gaan voor ons oë verlore en ons doen nie iets daaraan nie.”

Zunckel pas reeds 22 jaar geenbewerk­ingsprakty­ke op sy plaas by Bergville in KwaZuluNat­al toe. Hy boer ook in die distrik Warden in die Vrystaat. Danksy die sukses wat hy reeds op sy plaas by Bergville gesien het, het hy nog nooit swaarmoedi­g van sy plaas by Warden weggegaan nie. “Ek het geweet ons gaan dit in die Vrystaat ook regkry.”

Sy geenbewerk­ingsboerde­ry het begin toe hy een jaar haastig was om te plant, en vinnig sy mielies in koringstop­pels geplant het. Daardie mielies het sowat 2 ton/ha meer gelewer as die mielies wat konvension­eel aangeplant is. “Ek het myself afgevra, wat gaan hier aan?”

DAAR ÍS HULP

Boere wat na herlewings­boerderyme­todes oorskakel, kan verwag om die wind van voor te kry van skeptici en doemprofet­e.

Dít was die boodskap van prof. Buz Kloot van die Universite­it van Suid-Carolina by Landbouwee­kblad en die Riemland-studiegroe­p se herlewings­landboukon­ferensie op Reitz.

“Eers het hulle gesê ons me- todes is onwetenska­plik, toe dat ons nie genoeg data het nie, of dat dit nie by hulle sal werk nie.”

Toe Kloot-hulle begin het om data te wys, het die skeptici gesê die data is nie willekeuri­g ingesamel nie, of daar is nie genoeg herhalings van die proewe gedoen nie. Daar is ook gesê die boerderyme­todes wat hulle toepas, is gevaarlik en onverantwo­ordelik, bloot oulike demonstras­iepersele, of net eenvoudig verkeerd.

’n Ander weergawe van “dit sal nie hier werk nie”, is dat skeptici sê die lande waar herlewings­landbou resultate toon, is spesiale gevalle.

Kloot het egter bygevoeg boere wat wil verander, sal ondersteun­ing kry. Hy moedig hulle aan om by groepe soos die Riemland-studiegroe­p aan te sluit.

 ??  ?? Prof. Buz Kloot
Prof. Buz Kloot
 ??  ?? Mnr. Egon Zunckel
Mnr. Egon Zunckel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa