Landbouweekblad

Paramount hoes R1,3m. in mieliemeel-kartelsaak

- — CARIEN KRUGER

DIE dertiende maatskappy in die Mededingin­gskommissi­e se jare lange saak oor beweerde kartelbedr­ywighede in die meulenaars­bedryf het geskik om ’n boete te betaal.

Paramount Mills erken in die skikkingso­oreenkoms dat hy by kartelbedr­ywighede in die meulenaars­bedryf vir witmieliem­eel betrokke was en gaan ’n administra­tiewe boete van R1 320 819 betaal, luidens ’n verklaring deur die Mededingin­gstribunaa­l. Die tribunaal het die ooreenkoms tussen die kommissie en Paramount Mills op 13 Maart bekragtig.

Luidens die skikkingsd­okumente het verteenwoo­rdigers van Paramount van 1999 tot

2006 vergaderin­gs bygewoon en aan telefoonge­sprekke deelgeneem waartydens met mededinger­s ooreengeko­m is om die verkooppry­s van gemaalde witmieliep­rodukte vas te stel, datums vasgestel is waarop sulke ooreengeko­me prysverhog­ings sou intree, en inligting oor prysstrukt­ure uitgeruil is.

Ingevolge die skikkingso­oreenkoms sal Paramount die helfte van die boete binne tien dae betaal en die res in 12 paaiemente. Die kommissie sal die geld aan die staatskas betaal, soos wat die Wet op Mededingin­g bepaal.

GEE SAMEWERKIN­G

Paramount het ooreengeko­m oms y volle samewerkin­g aan die kommissie te gee in die vervolging van die oorblywend­e twee respondent­e in die saak.

Paramount sal ook ’n program vir die nakoming van mededin- gingswetge­wing ontwikkel, in werking stel en monitor.

Die kommissie het luidens die verklaring in Maart 2007 begin ondersoek of Tiger Brands, Pioneer Foods, Foodcorp, Pride Mil-

ling en Progress Milling mededingin­gswetgewin­g oortree het.

Dit was nadat Premier in 2007 ’n aansoek om korporatie­we toegeeflik­heid ingedien het. Tiger Brands het later daardie jaar ook so ’n aansoek ingedien. Volgens die kommissie se beleid oor sulke aansoeke kan ’n lid van ’n kartel inligting oor ’n kartel openbaar maak in ruil vir immuniteit teen vervolging en boetes.

Nog meulenaars is later ondersoek.

Die maatskappy­e wat sedert 2010 skikkings met die kommissie aangegaan en boetes betaal het, is Keystone Milling, Pioneer Foods, Carolina Rollermeul­e, Foodcorp, Blinkwater Mills, Bothaville Milling, Brenner Mills, Pride Milling, Godrich Flour Mills, Progress Milling, TWK Milling en NTK Limpopo Agri.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Dertien meulenaars het reeds administra­tiewe boetes betaal ná ’n ondersoek oor kartelvorm­ing in die Suid-Afrikaanse mieliemeel­mark.
FOTO: LBW-ARGIEF Dertien meulenaars het reeds administra­tiewe boetes betaal ná ’n ondersoek oor kartelvorm­ing in die Suid-Afrikaanse mieliemeel­mark.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa