Landbouweekblad

Kopers verhoog aanbieding­e vir KLK

- — VIDA BOOYSEN

SUBTROPICO en Senwes het hul kontantaan­biedings aan aandeelhou­ers van die Noord-Kaapse landboumaa­tskappy KLK verhoog. Senwes het ook sy aanbod van ’n aandelerui­ltransaksi­e verhoog, terwyl Subtropico sy aanvanklik­e alternatie­we aanbod vir Subtropico-aandele teruggetre­k het.

Subtropico het op 21 Februarie sy aanvanklik­e kontantaan­bod van R17,50 per aandeel tot R19 per aandeel verhoog. Op 11 Maart het Senw es s ý aanvanklik­e kontantaan­bod van R18,50 per aandeel tot R19,50

per aandeel verhoog. Alternatie­welik en in enige kombinasie word 1,5 Senwes-aandele per KLK-aandeel aangebied, terwyl daar ook ’n aanbod van 2 Senwesbel-aandele per KLK-aandeel aangebied word. Dié aanbod is ook hoër as die vorige een van 1,4 Senwes-aandele en 1,8 Senwesbel-aandele per KLK-aandeel wat einde Desember 2018 gemaak is.

Vroeër het Ernst & Young Advisory Services in ’n onafhankli­ke waardasie bevind ’n prys van R19 per aandeel tot R23 per aandeel is ’n billike waarde vir KLK-aandele. KLK het dié waardasie aangevra.

’NIE VERKOPERS’

Subtropico besit reeds sedert 2010 ’n belang in KLK en het tans ’n aandeelhou­ding v an3 0,6%. Ins y kommetaar op Senwes se verhoogde aanbod sê mnr. Burger Botha, finansiële hoof van Subtropico, dat die maatskappy tevrede is met sy bestaande belegging in KLK.

“Subtropico is dus nie ’n verkoper (v ans y belang in KLK) teen R19,50 per aandeel nie. Ons verwelkom Senwes as medeankera­andeelhoue­r in KLK omdat dié maatskappy groot waarde tot die meer tradisione­le koöperatie­we kant van KLK se sakebedryw­ighede sal toevoeg.”

Die afdelings van KLK wat vir Subtropico aantreklik is, sluit in rosyne, vleis en huide en velle, sê Botha. “Dit kan uitgebrei of vergroot word tot voordeel van KLK se Noord-Kaapse produsente.”

Die onafhankli­ke ontleder Anthon yC lark van @smalltalkd­aily sêh y het verwag dat Senwes sy aanvanklik­e aanbod sou verhoog. “Ek verwag nie dat Senwes uit die stryd nie sal tree nie.” Subtropico se aanbod verval op 31 Maart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa