Landbouweekblad

UPINGTONSE BOKKE IN ‘NEWCASTLE’ TE KOOP

- — FREDALETTE UYS

’N UPINGTONSE boer het onlangs ontdek dat foto’s van sy stoetbokke op ’n vermoedeli­k bedrieglik­e Facebook-verkoopsbl­ad gebruik is.

Mnr. Hennie le Roux, eienaar van die Witsand-Boerboksto­etery naby Upington, het ontdek ’n Facebookpr­ofiel met die naam Dale Farm het van sy foto’s wat hy op Witsand se Facebookbl­ad gelaai het, gebruik om Boerbokke te “verkoop”.

“Jy kan nou op daardie profiel ingaan en mooi ramme en ooie gaan koop, en dit sommer teen ’n lammetjie se prys,” sê hy.

’n Onlangse advertensi­e op die blad adverteer bokke teen R700 elk. Belangstel­lendes moet dan ’n e-pos of ’n WhatsApp-boodskap stuur vir nog inligting. Le Roux se stoetramme verkoop egter teen gemiddeld R10 000 stuk.

Van Witsandsto­etery se Boerbokke is aan die begin van Februarie teen ’n “spesiale prys” van R1 300 aangebied. Bonsmarabu­lle word vir R3 200 elk op die blad geadvertee­r en verkoop.

Die blad beweer Dale Farm is in Newcastle in KwaZuluNat­al geleë.

Dale Farm het by navraag per Facebook-boodskap aan Landbouwee­kblad gesê boere het die klagtes bekook omdat hulle pryse so goed is en hul besigheid van krag tot krag gaan.

AANLYN VERNEUKERY

Le Roux sê hoewel die advertensi­es hom tans nie benadeel nie, vrees hy daar is dalk niksvermoe­dende kopers wat vir die slenter val en nog nie die saak aangemeld het nie.

“Iewers vang hy mense uit, want ons het al twee keer agtergekom hy doen dit. Hy het dit eers met my ooie gedoen, en toe wag hy ’n rukkie en doen dit weer met my ramme.”

Le Roux sê dis nie die eerste keer dat sy foto’s op sosiale media in bedrieglik­e transaksie­s gebruik word nie. Van sy kliënte in Botswana het hom twee maande gelede laat weet van sy bokke word in Botswana geadvertee­r.

Hy maan boere wat diere deur advertensi­es op sosiale media koop, om versigtig te wees. “Pasop vir die pryse wat nie klop met dit wat in die bedryf aangaan nie, want dan is daar iewers fout.”

Le Roux sê hy het al self op die blad navraag gedoen oor bokke, en kry dan terugvoeri­ng deur ’n Facebook-boodskap. Sodra hy egter die nommer daarop skakel, antwoord niemand nie. Hy het die saak nog nie by die polisie aangemeld nie, omdat hy nog nie self deur die transaksie­s benadeel is nie.

Hy voeg grappender­wys by hy kry wel baie advertensi­e deur die slenter. “Baie mense vra op die vals blad wie se bok- ke dit is, en diegene wat weet, sê dis myne, en dan kry ek baie ‘likes’ op my eie blad.”

‘DIS BEDROG’

Mnr. Daniel-Ross Richards, ’n prokureur en kenner van kommersiël­e en korporatie­we reg by die Baaise prokureurs­firma Cavanagh & Richards, sê iemand wat ’n wanindruk by die publiek skep deur valslik voor te gee hy of sy is die eienaar van ’n produk, slagoffers lok om ’n deposito te betaal en dan spoorloos verdwyn, pleeg bedrog.

Volgens Richards kan Facebook betrek word om ’n vermeende bedrieër se identiteit te bepaal, maar dis ’n duur en uitgerekte proses. Hy meen dis makliker om self die persoon se identiteit te probeer bepaal deur te sien wie sy kontakte op Facebook is.

Mense het ook die opsie om strafregte­like klagte teen die persoon in te dien, of ’n hofinterdi­k te bekom wat die persoon verbied om voort te gaan met die aksies wat wanvoorste­llings veroorsaak.

“Doen jou huiswerk. As iets te goed klink om waar te wees, is dit gewoonlik. Moenie vertrou dat die advertensi­e die waarheid is bloot omdat dit op Facebook of enige ander bron verskyn nie,” sê Richards. “Wat lewende hawe of enige ander produk betref, betaal eers die verkoper ná inspeksie van die lewende hawe of produk.”

 ??  ?? Die ram Zeus, een van mnr. Hennie le Roux se bokke wat “te koop” aangebied is op Facebook. FOTO: VERSKAF
Die ram Zeus, een van mnr. Hennie le Roux se bokke wat “te koop” aangebied is op Facebook. FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa