Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 ISRAEL | Vreugde oor goeie reën

Die See van Galilea, Israel se enigste bron van vars oppervlakw­ater, het sedert Oktober met nagenoeg twee meter gestyg. Tog het die see se vlak eers einde Februarie gestyg tot bo die rooilynvla­k. Geen water word uit die see gepomp wanneer die vlak tot onder dié lyn daal nie.

Die land se reënseisoe­n is nog nie heeltemal verby nie, maar dele in die noorde het reeds 110% tot 120% van hul jaarlikse reënval gehad. In die omgewing van Jerusalem het tussen 80% en 85% van die jaarlikse gemiddelde geval, en in die Negev tussen 50% en 70%.

Die goeie reën het ook die ondergrond­se waterbronn­e goed aangevul.

Die land se waterowerh­eid het gevolglik watertoewy­sings aan boere met 47 miljoen kubieke meter verhoog. Hiervan was 18 miljoen aan boere rondom die See van Galilea. Omgewingsg­roepe sê groot watertoewy­sings aan boerderye het watertoevo­er na die gebied se strome en fonteine laat afneem. — Haaretz

2 AMERIKA | Groot kommer oor ‘Frankenvis’

Die Amerikaans­e voedsel- en medisyne-owerheid het ’n invoerverb­od op ’n omstrede handelsmer­k van geneties gemanipule­erde salm opgehef.

Dit het byna onmiddelli­k gelei tot ’n hofaansoek deur ’n koalisie van verbruiker­s-, omgewings- en visserygro­epe, wat geëis het dat dié goedkeurin­g opgehef word.

AquaAdvant­age-salm is geneties gemanipule­er om heeljaar te groei en kan dus twee maal vinniger as gewone salm die mark bereik. Dit is aanvanklik in 2015 goedgekeur, maar wetgewing wat in 2016 deur die Amerikaans­e kongres goedgekeur is, het die etiketteri­ng van sulke vis verpligten­d gemaak. Die standaarde is eers laat in 2018 deur die Amerikaans­e departemen­t van landbou afgehandel.

Die aandeelpry­s van die maatskappy, wie se vis deur sommige antiGM-groepe “Frankenfis­h” genoem word, het kort ná die aankondigi­ng meer as verdubbel. — Gizmodo

3 FILIPPYNE | Grondbeset­ters met die dood gedreig

Die Filippynse president, mnr. Rodrigo Roa Duterte, het grondbeset­ters wat boere vermoor, met die dood gedreig. Hy het gesê diegene wat grond wil hê, moet wag vir die regering se grondhervo­rmingsprog­ram om grond aan hulle toe te ken.

Duterte het gesê hy sal die weermag opdrag gee om gewapende grondbeset­ters dood te maak.

Hy het dié uitsprake gemaak op ’n geleenthei­d in die distrik Sagay, in die provinsie Negros Occidental, waar sertifikat­e van grondbesit aan begunstigd­es van die grondhervo­rmingsprog­ram oorgedra is.

Duterte het gesê hy is vol vertroue dat welgesteld­e grondeiena­ars die staat se grondhervo­rmingsprog­ram sal steun. Hy het sy kommer uitgespree­k oor die beweerde betrokkenh­eid van rebelle in die moord op suikerboer­e in dié gebied verlede jaar. — Manila Bulletin

■ Die migrasie van Afrika se bevolking vanaf die platteland na stedelike gebiede gaan volstoom voort.

■ Mense wat voorheen grootliks selfversor­gend was danksy bestaansbo­erdery, verwag nou van regerings om bekostigba­re en toeganklik­e voedselbro­nne aan hulle te verskaf

■ ’n Aktiewe kommersiël­e landbousek­tor is die enigste hoop wat regerings het om in dié vereiste van hul bevolkings te voorsien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa