DROOGTE, HITTE MAAI ONDER WITRUG- EN KRANSAASVOËLS
Uitermatige hitte en droogtetoestande het die afgelope somer tot ’n omgewingskrisis vir die krans- en witrugaasvoël gelei.
Volgens die nie-regeringsorganisasie VulPro is daar in Desember en Januarie ongeveer 42 aasvoëls na VulPro se sentrum in Johannesburg gebring vir behandeling teen dehidrasie, honger of beserings weens kalsiumtekorte.
“Dit was meestal jong aasvoëls wat die nes te vroeg verlaat en nie genoeg kalsium in hul dieet gekry het nie. Saam met klimaattoestande van uiterste hitte, ’n tekort aan water en te min kos eis dit ’n tol op albei spesies,” sê me. Kerri Wolter, stigter en bestuurder van VulPro.
Sy sê dié omgewingstoestande is abnormaal vir die jong aasvoëls.
Volgens Wolter het dit gevoel of die hele jong kransaasvoëlbevolking van die Magaliesberg-broeikolonie behandeling by VulPro ontvang het. “Baie van die aasvoëls is buite hul verspreidingsgebied gevind, in stedelike gebiede of langs hoofweë en besige nasionale paaie, en was waarskynlik tien dae lank sonder kos.
“Die voëls was heeltemal gedisoriënteerd en sou sonder bystand vrek.
“’n Tekort aan kos en water is hoofsaaklik die rede vir die omgewingsineenstorting van die aasvoëlbevolkings.”
Volgens me. Kate Webster, verteenwoordiger van Vulpro in die Oos-Kaap, kom die kransaasvoël (Gyps coprotheres) slegs in Suider-Afrika voor, met baie min voëls wat nog in Botswana, Zimbabwe en Mosambiek oor is. Die Afrika-witrugaasvoël (Gyp sa fricanus) is krities bedreig, hoofsaaklik weens doelbewuste vergiftiging deur veral olifant- en renosterstropers.
Daarby is die aasvoëls se broeikoers baie stadig. Na raming duur dit sowat tien jaar om een aasvoël te vervang, aangesien die voëls eers ná vyf jaar begin broei en slegs een eier per jaar lê.
Aasvoëlgetalle reg oor Afrika kwyn tans weens vergiftiging met ’n afname van tot 90% in die meeste aasvoëlbevolkings. Nog bedreigings in Suid-Afrika is Eskom-lyne, wat baie voëls dood skok of waarin hulle vasvlieg, en
die gebruik van die voëls vir moetie.
Die kalsiumtekort is volge ns W ebste rr eeds geruime tyd ’n bron van kommer. Sy verduidelik dat aasvoëls in die natuur klein stukkies been, w atd eur die groot roofdiere agtergelaat word nadat hulle aan ’n karkas gevree th et, saam met hulle dieet inneem en vir hul kuikens voer. Me tdi e huidige landboupraktyke is daar egter min kos in die veld en baie min stukkie sb een.
Webster sê aasvoëls speel ’n noodsaaklike rol in ekostelsels. ’n Groep aasvoëls kan ’n dooie die rs e karkas binne ne t1 0 minute skoonmaak. Dié karkasse sou andersins ander roofdiere, soos jakkalse, wat tans ’n groot bedreiging in die landbou is, lok.
“Hulle is ook ’n alarm of oog in die lug om boer ee nr eservaateienaars van dooie diere bew ust e maak, hetsy van dier ew atg estroop is of weens ’n siekte gevre kh et.”
Daarby voorkom aasvoëls die verspreiding van siektes, soos pes, miltsiekte, hondsdolheid en ebola van die karkass ew at hulle vreet.
Webste rb enadruk dat daar baie boere is wat ’n gunstige benadering tot aasvoëls het en dat die organisasie baie dankbaar is vir dié boere.
Die publiek word aangemoedig om VulPro regstree kst e kontak indien hull ee nige voëls vind w atg edisoriëntee rdofb eseer is.
NAVRAE: Web: www.vulpro.com; me. Kerri Wolter, e-pos: kerri.wolter@gmail.com, 082 80 85 113.