Landbouweekblad

VOEDSE LS E TOEKOMS LÊ IN KENNIS, NIE INSETTE

-

Die toekoms van wêreldwye kosproduks­ie lê opgesluit in die doeltreffe­ndheid waarmee boere van ’n inset-intensiewe, konvension­ele produksies­telsel na ’n diverse, kennisgedr­ewe produksies­telsel kan omskakel.

Groot druk word wêreldwyd op landbouen kosproduks­iestelsels toegepas om in die huidige en toekomstig­e behoefte aan voedselsek­erheid te voorsien.

Só het dr. Caterina Batello, vooraansta­ande kundige van ekostelsel­s, gesê met die opening van die eerste Agro-ekologieko­nferensie in Kaapstad.

As slegs die kosteknypt­ang as ’n aanwyser gebruik word en die neiging geëkstrapo­leer word tot in die toekoms, is dit duidelik dat die huidige stelsel op pad is na selfvernie­tiging. “Die stelsel word tans geskoei op die intensiewe gebruik van insette (kunsmatig en biologies) vir die toename in produktiwi­teit. Dít kan nie langer die antwoord wees nie.

“Ons moet oorskakel van ’n inset-intensiewe stelsel na ’n kennis-intensiewe stelsel,” het Batello gesê. Sy meen die antwoord lê opgesluit in agro-ekologie. Agro-ekologie pas ekologiese beginsels toe om die wisselwerk­ing tussen die mens, plant, dier en die omgewing te optimalise­er, terwyl al die maatskapli­ke aspekte vir ’n veilige, volhoubare en regverdige voedselste­lsel steeds in ag geneem word.

Agro-ekologie steun eerder op plaaslik aangepaste biodiversi­teit as eksterne insette, soos misstowwe, siekte- en plaagdoder­s en ingevoerde teelmateri­aal. Dit steun ook op die dienste van ekostelsel­s in én op die grond.

Agro-ekologie is gemoeid met die gesondheid van mense en gemeenskap­pe, asook die diversitei­t van voedingsto­wwe in die voedingste­lsel om te verseker mense se diëte hou hulle gesond. “Die stelsel bevorder plaaslike markte en ’n verhoogde wisselwerk­ing tussen die verbruiker en produsent om waardetoev­oeging tot op plaasvlak te bring en meer diverse diëte moontlik te maak,” het Batello gesê.

Om die stelsel te laat slaag, sal regerings, munisipali­teite, burgerlike organisasi­es en die private sektor dit moet aangryp.

’n Gevallestu­die is in Santa Cruz in die Amerikaans­e deelstaat Kalifornië gedoen waar bykans 6 000 ha aarbeie omgeskakel is na organiese boerdery.

Die tweekopmyt, ’n plaag wat aarbeiboer­e groot skade kan berokken, word nou baie doeltreffe­nd met natuurlike roofinsekt­e bekamp in ’n ekostelsel-gefokusde stelsel. Dekgewasse word gebruik om onkruid, grondgedra­agde plae (soos aalwurms) en selfs siektes te bekamp. In 2016 is aarbeie ter waarde van by-

kans $1 miljard op hierdie 6 000 ha v erbou en bemark, w atg elykstaand­e is aan ’n inkomste van mee ras R2 miljoen/ha.

’n Sertifiser­ingstelsel wat maatskapli­ke regverdigh­eid en werke rs s e regte bevorder, is op die bee ng ebring. In hierdie gemeenskap is daar nou ree dsm ee ras3 0 jaar se boerdery- e n bo ere-ondersteun­de navorsings­resultate beskikbaar, wat die stelsel baie veerkragti­ghe idg ee. Kultivars w at b y die plaaslike klimaat aangepas is, is ontwikkel. Die hele gemeenskap is deel van die sukses. Derhalwe is daar vermoëns en momentum gevestig wat volhoubaar­heid verseker.

“Gemeenskap­pe, kosproduse­nte ,di e jeug, di ewe tenskap en volhoubaar­heidsinisi­atiewe in die private sektor bou strategies­e vennootska­pp ee ng ebruik innoverend­e alternatie­we om die tradisione­le stelse lops y kop te keer e nt e transforme­er tot ’n volhoubare voedselste­lsel. Hierdie alternatie­we pak ekonomiese, omgewings- en maatskapli­ke kwessies doeltreffe­nd aan e nisg eskoei op inklusiewe, skeppende beginsels wat aangevuur word deur bemagtigen­de kennis. Hierin lê kosproduse­nte se toekoms.” — JOHA NV AN DER MERWE

 ??  ?? Dr. Caterina Batello, voormalige hoof van ekostelsel­sbestuur en plantprodu­ksie en -beskerming­sinisiatie­we by die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasi­e.
Dr. Caterina Batello, voormalige hoof van ekostelsel­sbestuur en plantprodu­ksie en -beskerming­sinisiatie­we by die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasi­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa