Landbouweekblad

WAT IS FRUITLOOK?

-

Meer as 750 gebruikers, waarvan sowat driewart boere is, gebruik dié aanlyn program, ’n uitvloeise­l van GrapeLook, vir beter waterbestu­ur en slimmer besproeiin­g. Mnr. Ruben Goudriaan sê hoewel die Fruitlook-beginsel tegnologie­s hoogs gevorderd is, kom dit neer op satellietb­eelde wat saam met klimaatinl­igting gebruik word om kaarte te skep.

As produsente data evalueer saam met boord- en wingerdinl­igting, soos kultivaren grondeiens­kappe, en bestuurspr­aktyke, gee dit ’n geheelbeel­d van ’n produsent se besproeiin­g en produksie. Dit verskaf talle vlakke van inligting deur verskillen­de kaarte van onder meer die waterverbr­uik in ’n voorafgaan­de week, of daar watertekor­te was, en die hoeveelhei­d biomassa geprodusee­r. Data vir die volledige seisoen word aangedui, en omdat meer as een jaar se inligting beskikbaar is, bied dit ook ’n terugblik op vorige seisoene.

In die verlede het die projek oor 30 weke gestrek tydens die besproeiin­gseisoen in die Wes-Kaap, van 1 Oktober tot 30 April, maar vanaf die 2018-’19-seisoen word 12 maande se inligting ingesamel.

Tydens die groeiseiso­en kry produsente weekliks inligting van ’n webwerf af.

Satellietd­ata van onder meer Amerika en Europa word in kombinasie met mekaar gebruik. Fruitlook word deur die Wes-Kaapse departemen­t van landbou gefinansie­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa