Landbouweekblad

PADDASLYK IN KOIDAMME

Hoe kan daar van paddaslyk in damme ontslae geraak word sonder om die koivisse te benadeel? Dit groei eenvoudig terug as ’n mens dit meganies verwyder.

- DIONNE CRAFFORD Dr. Dionne Craffor di s’ ne koloog, dierkundig­e en wetenskapl­ike skrywer.

Daar word na paddaslyk-tip ea lge in Engels verwy sas blanket weed, string algae of hair algae. Dié groep bestaan uit ’n aantal soortgely kea lgtipes waarvan die algemeenst­e genera Cladophora, Oedogonium en Spirogyra is.

Die sly kho u nie ‘n gesondheid­sgevaar vir koivisse in nie. Die visse voed op nuwe groei, maar eet minder gretig daaraan as dit reeds lang drade gevorm het. Verder verwyder die alge voedingsto­wwe uit die water, wat help om dit helder te hou, en dit plaas suurstof terug in die water deur fotosintes­e.

Die “drade” kan egter tot ’n meter per dag groei, vertoon slordig en raak lastig in filters en pompe.

Die alge het uit die aard van die saak bepaalde toestande nodig waarin dit kan groei.

Daar is veral drie faktore wat van belang is:

■ Helder water waardeur sonlig kan dring (vir fotosintes­e).

■ Voedingsto­wwe (nitrate en fosfate).

■ Hitte.

In natuurlike toestande sal groen alge en troebe lw ater paddaslyk in toom hou. In koidamme word groen alge dikwels met UV-lig bekamp en hou filters die water helder — ’n ideale groeihabit­at vir paddaslyk.

In die algemeen sal dieper koidamme wat meestal in die koelte is, dus minder probleme met paddaslyk ondervind — wat betref die hoeveelhei­d sonlig wat nodig is, asook die temperatuu­r (dieper water neem langer om warm te word).

Daarteenoo­r sal die alge die vinnigste groei in vlak, bewegende water (soos byvoorbeel­d onder ’n watervalle­tjie).

Die eerste strategie sal dus wees om die veroorsake­nde toestande te identifise­er en dit daarna so ongunstig moontlik vir die alge te maak. Verskaf byvoorbeel­d skaduwee oor die dam. Laat toets die water vir die fosfaaten nitraatinh­oud. Indien dit hoog is, probeer die oorsaak vir die hoë vlakke vind (byvoorbeel­d die waterbron wat gebruik word om water in die dam aan te vul).

’n T weede strategie is om van die voedingsto­wwe ontslae te raak, en ’n derde is om chemiese algdoders te gebruik.

Bespreek geru sjo u situasie met ‘n ondernemin­g in die bedryf met ervaring in die be-

stuur van koidamme.

Laastens bly herhaalde meganiese verwyderin­g wel ’no psie, maar dit is arbeidsint­ensief. Die alge moet met staalborse­ls afgeskrop en toegelaat word om tot in die sedimentas­iebakke te sink, waar dit dan verwyder word voor dit die filters bereik.

Soos vermeld, sal dié “behandelin­g” gereeld herhaal moet word sodra enige teken v ann uwe groei opgemerk word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa