Landbouweekblad

Nuwe gewasse vir Wes-Kaap gesoek

Alternatie­we gewasse of verbeterde kultivars van bestaande gewasse moet deurlopend ondersoek word sodat produkte kan tred hou met produsente se werklikhed­e en die behoeftes van die mark.

- Drs. Piet Lombard en Johann Strauss van die direktoraa­t plantweten­skappe van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou het die inligting vir dié artikel verskaf. NAVRAE: Web: www.elsenburg. com; e-pos: info@elsenburg.com; 021 808 5111.

Wes-Kaapse graanprodu­sente moet verskeie probleme trotseer. Weens die opeenvolge­nde droë produksiej­are, lae opbrengste en die kosteknypt­ang raak dit ál moeiliker vir boere om ekonomies te oorleef.

Gevolglik het die behoefte ontstaan om te soek na moontlike alternatie­we gewasse of verbeterde kultivars van die bestaande gewasse. Breëblaarg­ewasse en gewasse wat stikstof bind, is noodsaakli­k binne ’n suksesvoll­e wisselbous­telsel met koring. Dus val die klem op sulke gewasse. Die saad dien as ’n bron van proteïene vir ’n groeiende wêreldbevo­lking, asook as dierevoedi­ng.

Proteïene kan ook op dekgewasse geprodusee­r word. Met die insluiting van dekgewasse in rotasieste­lsels, kan meer diere vir korter tye gedra word. Dit lei tot ’n verhoogde vleisprodu­ksie. Die TABEL toon ’n lys van die verskillen­de opsies met moontlike

voor- en nadele vir Wes-Kaapse toestande. Al die gewasse word reeds verbou of is al in die verlede in die Wes-Kaap getoets. Verbeterde kultivars wat beter aangepas is en ’n hoër produksie lewer, is jaarliks op die mark beskikbaar. Markte word groter en nuwe markte word deurlopend ontwikkel. Dus moet nuwe gewasse en kultivars deurlopend getoets word ten einde volhoubare opsies aan produsente te bied.

BEKAMP ONKRUID

Die bekamping van onkruid is ’n groot struikelbl­ok in die WesKaap. Die onkruiddru­k weens onkruiddod­erweerstan­d en verkeerde verbouings­praktyke veroorsaak talle probleme vir produsente.

Geen geregistre­erde chemiese produkte vir gebruik by kekerertji­es, lensies, fababone en voererte is in Suid-Afrika beskikbaar nie. Daarom is die registrasi­e van chemiese middels vir die verbouing van dié peulgewass­e belangrik.

NUWE KULTIVARS

Weens die topografie van die landskap is dit baie moeilik om gewasse, soos kekerertji­es en lensies, aan te plant omdat hulle laag groei en dus moeilik oes. Dié gewasse verkies swaarder grond en reënval van meer as 300 mm per jaar. Hierdie gewasse kan in sekere gebiede aard, maar sal nie as algemene wisselbou-opsie beskikbaar wees saam met die huidige kultivars nie. Hoewel kanola aanvanklik nie in sandgrond geaard het nie, is dit nou moontlik danksy nuwe kultivars.

WEERSTANDI­GHEID

Voererte is goed aangepas in die Wes-Kaap en bied baie opsies vir die bekamping van onkruid.

Voererte oes egter ook moeilik, soos kekerertji­es en lensies. Hoewel dit hoog groei, gaan die plant net voor oestyd lê. Maniere moet ondersoek word waarop die plante regop gehou kan word waar dit in mengsels met graan of kanola geplant word.

Fababone en voererte is baie vatbaar vir siektes. Die goeie bekamping daarvan saam met die regte kultivars, wisselbou en chemiese middels is noodsaakli­k. Fababone is geneig om laat in die produksiej­aar ryp te word. Dus moet kultivars gesoek word wat beter by die Suid-Afrikaanse klimaat aangepas is.

Die stryd lê daarin om van dié kultivars in die hande te kry sodat dit in verskillen­de gebiede getoets kan word. Die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en Graan SA praat reeds oor moontlikhe­de om van hierdie gewasse na Suid-Afrika te bring sodat dit getoets kan word.

 ??  ??
 ??  ?? Voererte is goed aangepas in die Wes-Kaap. Daar is verskeie opsies vir die bekamping van onkruid.
Voererte is goed aangepas in die Wes-Kaap. Daar is verskeie opsies vir die bekamping van onkruid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa