Landbouweekblad

Wolpryse bring verligting vir boere

Stabiele wolpryse is tans ’n welkome pleister op die seer wat die droogte in dele van die Wes-Kaap veroorsaak.

-

Die leierskap van Agri Wes-Kaap het vroeg in Maart sy lede tydens dié landbou-organisasi­e se streekskon­gresse moed ingepraat.

“Ek hoef julle niks van die droogte te vertel nie. Julle beleef dit elke dag. Die Wes-Kaap is geknou deur die droogte, al vir vier jaar,” het mnr. Cornie Swart, voorsitter van Agri WesKaap, op die streekkong­res op Beaufort-Wes gesê.

“Die nasionale regering moet na die landbou se versoeke begin luister. Droogtehul­p en bystand moet versnel word en die funksionel­e vermoë van die departemen­t van water en sanitasie moet ’n voorrangsa­ak wees.”

Naas die Vrystaat en die OosKaap is die Wes-Kaap die grootste wolproduse­rende provinsie in Suid-Afrika. Die omgewing van Caledon, Bredasdorp en Swellendam is veral bekend as wolskaapwê­reld, en Caledon is die enkele grootste wolproduse­rende streek in die land.

Wolboere in die Wes-Kaap is taamlik goed oorgehaal om skape te voer, sê mnr. Isak Staats, hoofbestuu­rder van wol en bokhaar by BKB .“As ek kyk na die produksie in die Caledon-streek is dit net effens minder as in ’n normale seisoen. Die wol is selfs ’n bietjie fyner en dus van ’n hoër gehalte. Waar boere wel swaarkry, is in die Swartland en in die omgewing van Oudtshoorn.”

WOLPRYSE LIG GEMOED

Wolpryse is tans stabiel en ver- gelyk goed met die vorige jaar.

Met die huidige voorkoms van bek-en-klouseer wat Suid-Afrikaanse uitvoer na lande soos China verhinder, is dit egter onduidelik hoe die wolprys gaan reageer.

China is Suid-Afrika se grootste mark vir wol en Merinovell­e.

Hoewel geen kliniese tekens van bek-en-klouseer of positiewe toetsuitsl­ae in die kwarantyng­ebied in die noordooste van Limpopo onlangs aangeteken is nie, het die Chinese nog in Maart vasgeskop oor die invoer van enige diere met gesplete hoewe of diereprodu­kte uit Suid-Afrika. Dit sluit in gebiede soos die Wes-Kaap, wat baie ver van die rooilyngeb­ied in die noorde van die land is.

“Kommunikas­ie van Agbiz oor die diplomatie­ke onderhande­linge laat dit darem lyk of die land binnekort weer met China kan handel dryf. Die kwarantyng­ebied vir bek-en-klouseer is baie goed bestuur, en China aanvaar Suid-Afrika se protokolle vir die bekamping van slenkdalko­ors.

“Ons wil in die toekoms verseker dat soortgelyk­e protokolle vir bek-en-klouseer ook deur lande soos China aanvaar word om ’n herhaling van hierdie verbod te vermy,” sê Staats.

Vrese dat dié biosekerhe­idskrisis wolpryse erg sou benadeel, het gelukkig nie gerealisee­r nie. Wolpryse het taamlik stabiel gebly in die laaste veiling van Februarie en die eerste veiling van Maart.

Staats sê dat hulle tevrede is met die wolpryse. “Dit gaan eintlik goed en wolboere in die Wes-Kaap glimlag darem.”

Die veiling op 6 Maart was die 25ste van die 2018-’19-seisoen. Cape Wools se Merino-aanwyser het met 1,9% toegeneem met die sluitingsp­rys op R221,78/kg (skoonwol).

Dit is amper 23% hoër as ’n jaar gelede.

 ??  ?? Groener weivelde wink vir veeboere in die winterreën­streek indien ’n sterk El Niño-stelsel sou voorkom. Dit is dikwels ’n teken vir goeie reën in veral die eerste deel van die winter. FOTO: LIZA BOHLMANN
Groener weivelde wink vir veeboere in die winterreën­streek indien ’n sterk El Niño-stelsel sou voorkom. Dit is dikwels ’n teken vir goeie reën in veral die eerste deel van die winter. FOTO: LIZA BOHLMANN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa