Landbouweekblad

Graanpryse kan wankel

Graanboere in die Wes-Kaap het vele struikelbl­okke om te oorbrug. Mnre. Luan van der Walt en Ruan Schutte, ekonome by Graan SA, gee ’n oorsig van graanprodu­ksie daar.

- NAVRAE: Mnr. Luan van der Walt, e-pos: luan@grainsa.co.za; 012 816 8045.

Die produksiej­aar 2018 het in die algemeen baie droog begin. Die opbrengspo­tensiaal wat aan die begin van die plant se lewe vasgelê word, was dus swakker.

In die Swartland en die Overberg was daar wel goeie reën, en goeie oeste is in dié streke behaal. In die Suid-Kaap (Riversdal tot Mosselbaai) het die reën egter te lank getalm, en opbrengste in dié omgewing was swakker as die gemiddelde. In die geheel was koringprod­uksie in 2018 gemiddeld in die hele Wes-Kaap, met goeie én swakker presteerde­rs.

Somerreën het in dele van die Wes-Kaap geval, wat goed is vir grondvog. Dit het boere in staat stel om someronkru­id te bestry. Die algemene indruk oor die komende produksiej­aar is optimistie­s.

WISSELBOU

Boere in die Wes-Kaap pas wisselbou toe. In die Suid-Kaap word meestal koring, gars, kanola en hawer in ’n rotasieste­lsel verbou, en in die Swartland roteer boere koring en kanola met weiding.

Die meeste boere wat koring plant, plant ook gars. Gars se prys is ’n afgeleide van koring se Safex-prys. Daar is dus ’n verband tussen dié gewasse se prys, en as dit goed gaan met die een, gaan dit goed met die ander.

In die Swartland is gars nog ’n nuwe gewas, en min boere daar plant dit. As graangewas presteer koring in die Swartland standvasti­ger en hou die minste risiko in.

Gars is ’n moeiliker gewas om te verbou weens die behoefte aan reën tydens spesifieke tye van die groeityd. Indien dit nie op die regte tye reën kry nie, kan die gars verswak en kan die boer net voergars verbou pleks

van winsgewend­e lewering aan byvoorbeel­d bierbrouer­ye.

Gars se opbrengspo­tensiaal is effens beter as dié van koring, en in die Overberg en Suid-Kaap was gars die afgelope twee jaar beter droogtebes­tand as koring.

Wisselbous­telsels is baie belangrik in die Suid-Kaap en Swartland om risiko’s oor verskeie gewasse heen te versprei. Dit is ook een van die belangriks­te aspekte van die bewaringsl­andbouprak­tyke wat boere volg.

MARKTE

Die plaaslike koringprys word grootliks beïnvloed deur internasio­nale pryse en die wisselkoer­s. Die internasio­nale koringprys was onder kwaai druk die afgelope twee maande.

Tans lyk dit of die internasio­nale prys in die komende produksiej­aar sywaarts tot effens laer gaan wees. Die plaaslike prys behoort dieselfde neiging te volg. Die wisselkoer­s bly maar altyd ’n bron van onsekerhei­d vir boere wat hul bemarking betref.

Daar is steeds ’n groot internasio­nale koringvoor­raad. In die afgelope produksiej­aar het moeilike toestande in veral Rusland en die Europese Unie (EU) geheers. Hierdie lande se produksie was laer, wat goeie ondersteun­ing aan hul koringprys­e gebied het.

Amerikaans­e produksie was steeds goed, en daar is baie voorraad beskikbaar.

Die verwagting vir 2019-’20 is dat Rusland naby aan ’n rekordoes kan kom. In die EU kan die produksie ook heelwat hoër wees as in die vorige jaar. Goeie oeste sal die wêreldprys onder druk plaas.

 ??  ?? Die Overbergst­reek het in die algemeen goeie graanopbre­ngste in die afgelope produksiej­aar opgelewer. FOTO: LIZA BOHLMANN
Die Overbergst­reek het in die algemeen goeie graanopbre­ngste in die afgelope produksiej­aar opgelewer. FOTO: LIZA BOHLMANN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa