Landbouweekblad

BYNA 500 RAMME OP EEN SLAG VERKOOP

-

’n Allemintig­e 499 Merinoramm­e – die meeste nóg op een veiling in Suid-Afrika – is op Konsortium-Merino se 36ste produksiev­eiling op die plaas Dombieters­fontein verkoop.

Daarmee het Konsortium die vorige rekord van die meeste ramme wat op ’n veiling verkoop is (472), verbeter. Dié rekord is ook deur hierdie telersgroe­p gehou.

Volgens me. Madelaine van Heerden, woordvoerd­er van Konsortium, was die pryse op die onlangse veiling nie buitenspor­ig hoog nie. Sy het benadruk

dat die groep nie hoë pryse najaag nie en dat die groter aanbod pryse afbring.

Verlede jaar was daar net sewe veilings waarop meer as 100 ramme aangebied is – vyf van daardie veilings is deur telers van die Konsortium-groep aangebied. “Ten minste is daar nou ’n hele paar gelukkige kopers wat ramme teen bekostigba­re pryse te midde van die droogte gekry het,” het sy aan Landbouwee­kblad gesê.

Die totale aanbod van 499 ramme op Dombieters­fontein is teen gemiddeld R7 402 verkoop. Op die “geraasveil­ing” in die skeerhok is altesame 205 ramme teen gemiddeld R10 270 verkoop en op die stil veiling het 294 ramme gemiddeld R5 403 behaal. Hulle is in lotte verkoop.

Altesame 1 074 ooie is teen gemiddeld R2 251 verkoop. Die hoogste prys was R2 650 elk vir ’n groep handelsmer­kooie. Mnr. Piet Schoeman van Langkloof Plase, Oudtshoorn, het hulle gekoop.

GWK het die veiling aangebied.

 ??  ?? Op Konsortium-Merino se 36ste veiling op die plaas Dombieters­fontein, Victoria-Wes, is dié ram teen die hoogste prys van R41 000 verkoop. Mnre. Pen Marx en Seun van The Ranges, Aberdeen, het die ram gekoop. Agter, van links, staan mnre. Renier Zietsman van GWK op Humansdorp, Pen en Edrich Marx, Cobus Vivier, stoetmeest­er van Konsortium-Merino, en Gerio du Plessis, teler van die Konsortium-groep. Voor hurk mnre. Jakkie Nel (links), afslaer, en Vuvi Tatubane, hanteerder. FOTO: VERSKAF
Op Konsortium-Merino se 36ste veiling op die plaas Dombieters­fontein, Victoria-Wes, is dié ram teen die hoogste prys van R41 000 verkoop. Mnre. Pen Marx en Seun van The Ranges, Aberdeen, het die ram gekoop. Agter, van links, staan mnre. Renier Zietsman van GWK op Humansdorp, Pen en Edrich Marx, Cobus Vivier, stoetmeest­er van Konsortium-Merino, en Gerio du Plessis, teler van die Konsortium-groep. Voor hurk mnre. Jakkie Nel (links), afslaer, en Vuvi Tatubane, hanteerder. FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa