Vars produkte: Kom in rat vir nuwe verbruiker
’n Groeiende aantal verbruikers wil met ’n skoon gewete koop. Die suksesvolle varsprodukteboer van die toekoms moet du sde ursigtig wees en ’n behoorlike naspeurbaarheidstelsel hê. Die kersie op die koek is ’n sterk storie wat jy aan jou boerdery kan kopp
Almal soek daardie een molekule wat aan plante beskerming teen insekplae kan bied sonder dat dit enige nadeel vir mens, dier of die omgewing inhou.
Só sê me. Sanna Karolszykvan, korporatiewe kommunikasiehoof van Corteva Agriscience, die nuwe saad-en-plantbeskermingsafdeling van DowDuPont in Duitsland. “In die verlede het regerings die minimum vereistes vir residuvlakke bepaal, maar deesdae is dit verbruikers wat daarop aandring dat hul voedsel gesond en vry van chemikalieë moet wees. Hulle wil ook geen aandeel hê in enigiets wat nadelig kan wees vir die omgewing nie.”
Op die Fruit Logistica-handelskou in Berlyn, Duitsland, eindig byna elke gesprek in ’n bespreking van die moderne verbruiker se geite en giere en die veranderende vereistes wat dit aan die landbouverskaffingsketting stel. Verbruikers wêreldwyd raak ál meer gesofistikeerd, omgewingsbewu sen puntenerig oor die oorsprong en verbouingspraktyke van die produkte wat hulle koop.
Mense wil weet hoe hul kos geproduseer is, hoe vars dit werklik is en hoe gesond dit vir hulle is. Boonop wil hulle ’n sekere mate
van gerief saam met hul vars produkte koop.
In die 2019-neigingsverslag sê die organiseerders van vanjaar se Fruit Logistica dat dit eintlik heel eenvoudig is: “Kopers in sekere segmente wil gesond eet, en met die grootste moontlike gerief. Dit skep ’n verskeidenheid kwessies, maar ook geleenthede vir boere, verskaffers en kleinhandelaars.”
EUROPESE NEIGINGS
Die navorsingspan wat toesien dat Fruit Logistica elke jaar reg geposisioneer is om die nuutste ontwikkelinge in die waardeketting van vars groente en vrugte te dek, sê in hul neigingsverslag die uitbreiding van winkels inE uropa het so te sê tot ’n einde gekom en dat die mark sy versadigingspunt bereik het. Selfs promosies skuif eenvoudig die verbruiker se besteding van een produklyn na ’n ander en dra nie tot groter omset by nie.
Die varsheid van voedsel is nie meer onderhandelbaar nie. By verbruikers het varsheid die norm geword, en hulle aanvaar dit as vanselfsprekend.
Die voorkoms, smaak, vorm en grootte van vars produkte speel ’n sleutelrol in ko- perstevredenheid. Smaak het in die afgelope jare belangriker geword as voorkoms in verbruikers se beskouing van gehalte.
WELVARENDE KOPERS
In’no pname wat die Fruit Logistica-navorsingspan onder verbruikers gedoen het, blyk dit dat hoërinkomstekopers baie meer as ander kopers op diens ingestel is. Hulle het baie sterk oortuigings oor die omgewing en is daartoe verbind om hu lim pak so klein as moontlik te hou .H ulle wil ook meer gespesialiseerde produkreekse as die minder gegoede verbruikers hê.
Kleinhandelaars kan hulself dus van die menigtes onderskei deur ’n besonderse kopersvaring te skep en vernuwende produkreekse beskikbaar te stel.
Konsentreer op die volgende, sê Fruit Logistica se spesialiste: Vars produkte wat gerieflik én gesond is en met ’n emosionele konnotasie waarby verbruikers kan aanklank vind, soos met sekere handelsmerke. Verbruikers wil met ’n skoon gewete koop en eis du sde ursigtigheid oor die oorsprong van produkte. Hulle wil verseker wees van
’n kleiner omgewingsimpak.
Mnr. Tom McHale van Corteva Agriscience sê dit raak ál moeiliker om aan die moderne verbruiker se vereistes te voldoen. “In baie gevalle oorskry dit die vereistes van regerings as dit kom by landbouchemikalieë. Boere plaas insetverskaffers onder ál meer druk om omgewingsvriendeliker plantbeskermingsmiddels beskikbaar te stel.”
McHale sê dis nie noodwendig ’n slegte ding nie, maar dat dit nie moontlik is om onmiddellik aan hierdie vereistes te voldoen nie. “Die kwessie is om vinnig genoeg vooruit te gaan dat dit ons boere in staat stel om om die verbruiker se geld mee te ding, sonder om winsgewendheid in te boet. Ons doel is werklik om die lewens van die boer én die verbruiker te verryk, terwyl ons vooruitgang vir selfs die toekomstige geslagte nastreef.”
OP DIE TUISFRONT
Mnr. Mark Hasenkamp, direkteur van die kwekery Red Sun Hortotech in Tzaneen, bedryf sy besigheid volgens die Verenigde Nasies se 17 volhoubaarheidsbeginsels.
Alles moontlik word gedoen om water en energie optimaal te benut en beter plantteelmateriaal te ontwikkel. Hy glo sulke inisiatiewe tesame met produktiwiteit, na-
speurbaarheid en bestendige lewering speel ’n al groter rol in die openbare debat oor voedsel. “Ons kliënte se verbruikers wil al hoe meer weet oor waar hul neute (en vrugte) vandaan kom. Die verbruiker wêreldwyd het ’n drukgroep geword om mee rekening te hou en die bedryf in Suid-Afrika moet homself reg posisioneer vir ’n toekoms waarin ons ’n goeie storie het om te vertel.”
’n Slimfoontoepassing met gesonde resepte en die boer se produk as die kernbestanddeel, soortgelyk aan die Wêreld-avokado-organisasie se e-resepteboek, is luidens die Fruit Logistica-verslag ’n goeie voorbeeld van moderne skakeling met die hedendaagse verbruiker.
“Boere en kleinhandelaars moet hulle egter nie blind staar teen digitale media nie. Landbouweekblad se Boerekos is Suid-Afrika se gewildste kostydskrif en word suksesvol ingespan om verbruikers te wys hoe om plaaslike landbouprodukte in smullekker etes te omskep,” sê Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad. “Verwysings na spesifieke boerderye se produkte as bestanddele is deel van dié tydskrif se suksesresep.”
Fruit Logistica se kenners meen ook verbruikers sal ál meer bereid wees om meer te betaal vir produkte wat onder ’n handelsmerk bemark word wat hulle met gehalte en betroubaarheid verbind. In hierdie verband is Suid-Afrika se tamatiereus, ZZ2, ’n goeie voorbeeld. Deur 12 maande per jaar vars tamaties op die winkelrak beskikbaar te hê, het dié boerdery ’n reputasie van betroubaarheid opgebou. Die bemarking van nuwe konsepte, soos bewaringslandbou, versterk die handelsmerk en verhoog verbruikerslojaliteit.
Dit is nie net boerderye wat hulself as ’n handelsmerk kan vestig nie. In die geval van Pink Lady-appels is dit kwekers wat spesifieke eienskappe van ’n vrug onder ’n gemeenskaplike handelsmerk bemark. Pink Lady-appels is byvoorbeeld ’n verskeidenheid appelkultivars met die hoofkultivar Cripps Pink wat almal onder dieselfde handelsmerk bemark word. Hoewel Pink Lady-appels wêreldwyd gekweek word, weet verbruikers hulle kry bestendige voorkoms, geur en gehalte.
Op boerderyvlak is die Allesbeste-boerdery by Tzaneen se inisiatiewe om die voordele van die avokadokultivar Maluma aan verbruikers te bemark, ’n soortgelyke voorbeeld. Ander boerderye oor die wêreld heen trek voordeel uit hierdie kultivarbemarking wanneer hulle besluit om Maluma-avokado’s aan te plant.
Boerderye wat regstreeks by hul produkte se bemarking betrokke raak, is nie tot avokado’s beperk nie. Die Al3 Boerdery bemark met groot sukses die draakvrugte wat op sy plaas by Waterpoort in Limpopo verbou word. Die publiek kan alles van roomysresepte tot gesondheidsnavorsing op die boerdery se Facebookblad kry.
‘Selfs boere wat op die plaaslike mark konsentreer, kan munt slaan deur kennis te neem van die neiging sinEu ropa.’
VERKOOP ’N BELEWENIS
Verbruikers raak ook ál meer kieskeurig oor hul koopervaring. Boere- of plaasmarkte en straatmarkte kry in Europa al hoe meer aftrek. Volgens Fruit Logistica se navorsing verwag die moderne verbruiker om genot te put uit sy of haar voedselaankope. Verbruikers wil ook voel hulle maak ’n verskil deur hul keuses van waar om te koop en wat hulle koop. Dit is deels ’n emosionele besluit. Omgewingsbewustheid speel ’n ál groter rol.
Volgens die navorsingspan is volhoubaarheid ook ’n kwessie om mee rekening te hou. In ’n Europese navorsingstudie het 43% van respondente aangedui dat die omgewingsvolhoubaarheid van ’n handelaar se onderneming bepaal of hulle daar koop of nie. By hoë-inkomsteverbruikers is hierdie persentasie selfs hoër.
Die seisoen en ligging is vir baie verbruikers deel daarvan. Verbruikers soek kos met ’n laer omgewingsimpak, van volhoubare bronne af, wat plaaslik geproduseer is, en wat binne die seisoen gekweek is. Dit verskil egter van mark tot mark. In Nederland, België en Italië word meer waarde geheg aan seisoenaal verboude vars produkte, terwyl verbruikers in lande soos Duitsland en Switserland groter klem op die streeksidentiteit van hul kos plaas. Die oorsprong van kos speel vir hulle ’n baie belangrike rol.
Hoewel bogenoemde tot Suid-Afrikaanse boere se nadeel kan strek, het die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SKV) onlangs getoon hoe daar met ’n weldeurdagte redenasie bewys kan word dat ’n produk uit ’n ander bestemming ’n belangrike maatskaplik-ekonomiese rol in die waardeket- ting vervul. Europese lande is tans onder groot druk om in die behoeftes van miljoene vlugtelinge uit die Midde-Ooste en Afrika te voorsien. Die Europese Unie het onderneem om ’n miljoen werkgeleenthede in Afrika te help skep in ’n poging om Afrikane in Afrika te laat bly.
Die SKV het daarom ’n veldtog van stapel gestuur om Europeërs daarop te wys dat die Suid-Afrikaanse sitrusbedry f1 0 000 werkgeleenthede skep. “Ons is deel van die oplossing, en dit maak nie sin om ’n bedryf soos dié te straf as dit nóg mense in Afrika se werkgeleenthede in die gedrang plaas nie,” sê mnr. Deon Joubert, die SKV se gesant vir handelsaangeleenthede in Europa.
VERTEL JOU STORIE
Op die jaarlikse Subtrop-bemarkingsimposium het die sakevrou me. Khanyi Dhlomo reeds twee jaar gelede gesê boere sal hul stories moet begin vertel omdat moderne verbruikers op ’n emosionele vlak met hul aankope wil identifiseer. “Hulle wil weet waar en hoe dit geproduseer is. Hulle wil weet hoe lyk die mense wat dit produseer, en wat hul omstandighede is.”
Fruit Logistica se navorsingspan het bevind dat ’n “skoon” produksie- en verskaffingsketting veral onder jonger, welaf verbruikers baie belangrik word omdat hulle dit al hoe meer met hul persoonlike identiteit wil verweef.
“Ons sien dit ook op eie bodem,” sê Burgess. “Die impak wat ’n televisieprogram soos Landbouweekliks op die koopneigings van verbruikers gehad het, is enorm. Skielik weet mense wie boere soos mnre. Vito Rugani, Pieter Prinsloo en Nick Serfontein is. Hulle hou van die boer wat hulle op die televisie ontmoet het. Sy storie gryp hulle aan, en skielik soek verbruikers daardie
spesifieke boerdery se handelsmerk op die winkelrak uit.”
VERPA KV I RD IE TOEKOMS
Verbruikers wil deel wees van ’n goeie storie en dit deel maak van hul lewe. Hulle oorweeg deesdae elke skakel in die waardeketting en besluit of dit inpas by die storie wat hulle by hul identiteit verweef. Vermorsing in die sin van die storting van vars produkte en ekologies vriendelike verpakking raak ál belangriker.
Navorsing deur Splendid Research in 2018 het getoon dat verbruikers bereid is om handelaars se inisiatiewe teen vermorsing en nie-omgewingsvriendelike verpakking te steun. Plastiekverpakking is ’n groot kwessie, en 87% van respondente sê hulle is uiters bekommerd oor die nadele daarvan vir die omgewing. Sowat 73% wil probeer om die hoeveelheid verpakkingsmateriaal wat hulle gebruik, te verminder. Nie almal is egter ewe gretig om daarvoor te betaal nie. Net die helfte sê hulle sal bereid wees om meer te betaal vir bio-afbreekbare verpakking.
Die neiging tot minder plastiekvermorsing het baie handelaars aan die skarrel op soek na plaasvervangers. Sommige eksperimenteer met bio-afbreekbare plastiek as alternatiewe bron, terwyl ander meer tradisionele materiaal, soos papier en karton, gebruik pleks van om produkte soos mielies en raapsaad in verpakkingsmateriaal te omskep.
Mnr. Jasmin Suljic van die maatskappy Fibrapack, wat verpakking uit natuurlike materiaal, soos bamboes en palmvesel, vervaardig, wys daarop dat hierdie verpakking aansienlik duurder is as plastiek of polistireen. Tog is daar ’n gesonde vraag daarna onder omgewingsbewuste verbruikers. “Mense is bereid om meer te betaal vir ’n skoon gewete,” sê hy.
Die oorsprong van kos speel vir hulle ’n baie belangrike rol.